Graad 6 – Biografie skryfstuk

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

Biografie beplanning en eerste weergawe

_____________________________

Opdrag:

  • Julle het ‘n biografie gelees van Marie Curie.
  • Lees weer Marie Curie se biografie hardop saam met jou ouers / boetie / sussie deur en kyk of julle die oplossings vir die volgende vrae kan kry.
  1. Wat is ‘n biografie?
  2. Wat is die belangrikste kenmerke van ‘n biografie?
  3. Hoeveel van die inhoud van ‘n biografie is feite en hoeveel daarvan is die mening van die skrywer? (Gebruik die leesstuk)
  4. Moet ‘n mens konsentreer op fyn besonderhede of slegs op die hoogtepunte van die persoon se lewe?
  • Ons het reeds Ann Frank behandel wat ‘n goeie voorbeeld is van ‘n Biografie. Gaan kyk op die webtuiste (You Tube link) om jou geheue bietjie te verfris.

AKTIWITEITE

Dinsdag – 5 Mei 2020

Biografie – Beplanning en Eerste weergawe

_________________________________________________________

Opdrag:

Skryf ‘n biografie

Jy moet ‘n biografie opstel wat uit ‘n inleidendeparagraaf, 2 ander paragrawe en ‘n slotparagraaf bestaan. Jou biografie moet handel oor een van die volgende:

  • Doen uitgebreide leeswerk oor ‘n persoon wat ‘n belangrike mediese ontdekking gemaak het.
  • Skryf ‘n biografie oor een van jou voorouers: dit kan in die verre verlede wees of dit kan so onlangs wees dat dit jou ouma of oupa is oor wie jy skryf. As jy nie in boeke oor hulle kan nalees nie, moet jy ‘n ondrhoud met jou ouers daaroor voer.
  • Jou biorafie interessante inligting bevat waarvan die meeste mense nie geweet het nie. Lengte 100 – 120 woorde.

Vandag gaan jy slegs jou navorsing en beplanning op rofwegpapier doen.

STAP 1

  • Wanneer jy navorsing doen moet jy aantekeninge maak.
  • Stel nou ‘n raamwerk saam – besluit wat die hoofgedagte van elke paragraaf gaan wees.
  • Skryf dan by elke hoofgedagte die bygedagtes neer waarmee jy die paragraaf gaan uitbrei.

DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceMarie Curie LEESSTUK.pdf

TOETS JOU KENNIS