Leesbegrip - Lees 'n Biografie oor Marie Curie
Maandag – 4 Mei 2020
Begripslees: Biografie – Marie Curie en haar twee groot liefdes.
Beantwoord die leesbegrip vra, nr. 1 – 10
__________________________
Opsomming van Biografie
- “Bio-“ beteken lewe en “-grafie” verwys na beskrywing.
- ‘n Biografie is die ware verhaal van iemand se lewe wat deur iemand anders geskryf is.
- ‘n Biografie word in die derdepersoonsvorm vertel.
- As jy mooi kyk, sal jy sien dat voornaamwoorde soos hy/hom en sy/haar gebruik word.
- Biografieë word dikwels as boeke gepubliseer, maar verkorte biografieë word ook op baie ander plekke gebruik, bv. In konsertprogramme, webwerwe en begrafnisbriewe.
- Die skrywer skryf dit oor iemand anders daarom maak hy/sy gebruik van voornaamwoorde soos hy, hom, sy en haar.
- Gewoonlik word biografieë net oor bekende mense geskryf, bv. sportsterre, politieke leiers en uitvinders.
Opsomming van Outobiografie
- Moenie deurmekaar raak met ‘n biografie en ‘n outobiografie nie.
- Outobiografie is ‘n beskrywing van iemand se lewe deur die persoon self. (eerstepersoons verteller – ek en my)
- “Outo-“ beteken self.
AKTIWITEITE
4 Mei 2020
Begripslees: Biografie – Marie Curie en haar twee groot liefdes.
Beantwoord die leesbegrip vra, nr. 1 - 10
_________________________________________________________
Opdrag:
Lees die biografie deur en let veral op hoe ‘n biografie geskryf moet word.
Leesbegrip – beantwoord die vrae in jou Algemene boek, nr. 1-10