Graad 6 – Leesbegrip (Biografie – Marie Curie)

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

Leesbegrip - Lees 'n Biografie oor Marie Curie

Maandag – 4 Mei 2020

Begripslees: Biografie – Marie Curie en haar twee groot liefdes.

Beantwoord die leesbegrip vra, nr. 1 – 10

__________________________

Opsomming van Biografie

  • “Bio-“ beteken lewe en “-grafie” verwys na beskrywing.
  • ‘n Biografie is die ware verhaal van iemand se lewe wat deur iemand anders geskryf is.
  • ‘n Biografie word in die derdepersoonsvorm vertel.
  • As jy mooi kyk, sal jy sien dat voornaamwoorde soos hy/hom en sy/haar gebruik word.
  • Biografieë word dikwels as boeke gepubliseer, maar verkorte biografieë word ook op baie ander plekke gebruik, bv. In konsertprogramme, webwerwe en begrafnisbriewe.
  • Die skrywer skryf dit oor iemand anders daarom maak hy/sy gebruik van voornaamwoorde soos hy, hom, sy en haar.
  • Gewoonlik word biografieë net oor bekende mense geskryf, bv. sportsterre, politieke leiers en uitvinders.

Opsomming van Outobiografie

  • Moenie deurmekaar raak met ‘n biografie en ‘n outobiografie nie.
  • Outobiografie is ‘n beskrywing van iemand se lewe deur die persoon self. (eerstepersoons verteller – ek en my)
  • “Outo-“ beteken self.

AKTIWITEITE

4 Mei 2020

Begripslees: Biografie – Marie Curie en haar twee groot liefdes.

Beantwoord die leesbegrip vra, nr. 1 - 10

_________________________________________________________

Opdrag:

Lees die biografie deur en let veral op hoe ‘n biografie geskryf moet word.

Leesbegrip – beantwoord die vrae in jou Algemene boek, nr. 1-10


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceMarie Curie ANTWOORDE.pdf

TOETS JOU KENNIS