Sinsontleding - Onderwerp, Gesegde, Voorwerp, Byw. bepaling en Byv. bepaling
AKTIWITEITE
7 Mei 2020
Taal: Sinsontleding – Onderwerp, Gesegde en Voorwerp
___________________________
Opdrag:
Beantwoord die volgende vrae in jou Algemene boek.
- “Die mensdom het vir jare oor hierdie geheimsinnige murasies gewonder.”
- Skryf die gesegde van hierdie sin neer.
- Skryf die onderwerp
- Die kunstenaar het voëls uit seepsteen gekerf.
- Brei die onderwerp van hierdie sin met ‘n bepaling uit,
- Brei die voorwerp van hierdie sin met ‘n bepaling uit.
- Brei die gesegde uit met ‘n bepaling wat tyd aandui.
- Brei die gesegde uit met ‘n bepaling wat wyse aandui.
- Brei die gesegde uit met ‘n bepaling wat plek aandui.
- Skryf nou die nuwe sin oor waarin al die uitbreidings (a-e) ingesluit is. Maak seker dat jou woordorde reg is!