Graad 6 – Taal: Voegwoorde

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

Voegwoorde

Dinsdag – 12 Mei 2020

Taal: Voegwoorde

_____________________________

Opsomming:

Voegwoorde word gebruik om sinsdele of sinne saam te voeg om saamgestelde sinne of veelvoudige sinne te vorm. (voorbeelde: daarom, dog, dus, en, inteendeel, maar, omdat, trouens, want)

  • Die grootmense drink tee en die kinders speel buite.
  • Christiaan is kwaad vir Dihan, daarom wil hy nie kom kuier nie.
  • Bjorn en Charl gaan swem omdat hulle baie warm kry.

‘N VOEGWOORD STAAN GEWOONLIK IN DIE MIDDEL VAN ‘N SIN, MAAR SOMS KAN DIT OOK DIE EERSTE WOORD VAN DIE SIN WEES.

  • Omdat hulle baie warm kry, gaan Bjorn en Charl swem.

AS MAAR EN WANT GEBRUIK WORD OM SINNE TE VERBIND, BLY DIE WOORDORDE DIESELFDE.

AS ANDER VOEGWOORDE GEBRUIK WORD, VERANDER DIE WOORDORDE IN MEESTE SINNE.

  • Ek gaan nie saam nie. My kop is seer.

= Ek kan nie saam nie, want my kop is seer.

  • Juffrou is kwaad vir Roxy. Roxy het haar boek verniel.

= Juffrou is kwaad vir Roxy omdat sy haar boek verniel het.


AKTIWITEITE

Dinsdag – 12 Mei 2020

Taal: Voegwoorde

____________________


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceVoegwoorde - Antwoorde.pdf

TOETS JOU KENNIS