Graad 7 NW Omgewingsimpak, 27 April 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 27 April 2020)

Myne

27 April 2020

Impak op die omgewing (bl. 65 )

Les 4

 

Impak op die omgewing (bl. 65 )

Eienskappe van materiale

  • Daar is baie materiale op aarde beskikbaar.
  • Party kom natuurlik voor en kan uit die omgewing geneem word soos die hout van bome.
  • Natuurlike hulpbronne kan geprosesseer word om ander materiale te produseer – ons kan bv. papier maak uit hout.
  • Sintetiese materiale, soos plastiek, word in ‘n fabriek gemaak.
  • Die produksie en gebruik van materiale het ‘n impak op die omgewing.

Die omgewingsimpak van die ontginning van edelmetale.

  • Edelmetale, soos goud, moet ontgin word.
  • Die ontginningsproses behels die grawe van diep skagte in die grond en dan die opblaas van rots wat gouderts bevat.
  • Die gouderts word na die oppervlak gebring en geprosesseer sodat die goud ontgin en verkoop kan word.

Omgewingsprobleme van mynbedrywighede agv chemikalieë:

  • Mynbedrywighede lei ongelukkig tot baie omgewingsprobleme.
  • Die myne moet chemikalieë gebruik om die goud van die erts te skei.
  • Baie van hierdie chemikalieë is skadelik vir die omgewing en kan waterbesoedeling in nabygeleë damme en riviere veroorsaak.

Mynbedrywighede en die invloed op grondwater van die gebied:

  • Mynbedrywighede het ‘n groot invloed op die grondwater in ‘n gebied.
  • Wanneer die water deur die myntonnels beweeg, meng dit met die chemikalieë in die rots.
  • Hierdie proses kan baie giftige stowwe, soos swaelsuur, vorm.
  • Hierdie stowwe besoedel die grondwater en kan skadelik vir die gesondheid van mense, diere en oeste wees wanneer dit uit ‘n boorgat gepomp word of in nabygeleë riviere en strome invloei.

Mynhope:

  • Meeste van die rots waaruit die goud ontgin word, kan nie gebruik word nie en word op mynhope gestort.
  • Die stof wat van hierdie mynhope afwaai, kan skadelik wees vir mense se gesondheid.
  • Dit is moeilik vir plante om op mynhope te groei weens die chemikalieë in die grond.

Maatreëls en rehabilitasie:

  • Die afgelope jare het die mynbedryf maatreëls ingestel om die omgewingsimpak van mynbou te beperk.
  • Maatskappye het ook ‘n verantwoordelikheid om die gebiedwaarin mynbou plaasgevind het te rehabiliteer nadat die myn gesluit het.

 

 

 

 

 


AKTIWITEITE

Opdrag 4

 

  1. Definieer die volgende sleutelwoorde in ‘n tabel.
  2. a) Sintetiese materiale
  3. b) Gouderts
  4. c) Rehabiliteer (‘n myn)
  5. d) Nie-hernubare
  6. e) Waterliewende diere
  7. f) Stortingsterrein
  8. g) Ontbind
  9. h) Herwinning

 

 

Memorandum

a)  Sintetiese materiale

Kunsmatige of nie-natuurlike materiale wat in ‘n fabriek

gemaak moet word.

 

b)  Gouderts

Rots wat klein goudstukkies bevat.

 

 

c)  Rehabiliteer (‘n myn)

Om die omgewing in en rondom ‘n myn te herstel na die toestand waarin dit was voordat ontginning begin het.

 

d)  Nie-hernubare

Iets wat ‘n beperkte voorraad het en uiteindelik gaan opraak; steenkool is ‘n niehernubare hulpbron.

 

e)  Waterliewende diere

Diere wat in water leef.

 

 

f)  Stortingsterrein

‘n Plek waarheen munisipale afval geneem word en waar

verskillende metodes gebruik word om te help om die afval te help ontbind.

 

g)  Ontbind

Om af te breek of te verrot.

 

 

h)  Herwinning

Die proses om afvalmateriaal te gebruik om nuwe

materiaalprodukte te maak.

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceLes 4.pdf

TOETS JOU KENNIS