Graad 7 NW: Omgewingsimpak, 29 April 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

Plastiek

29 April 2020

Die omgewingsimpak van plastiek (bl. 66 )

Les 5



Die omgewingsimpak van plastiek

  • Plastieksakke is nuttig omdat hulle sterk, lig en goedkoop is, maar plastieksakke het ‘n negatiewe impak op die omgewing.
  • Die meeste plastiek vir sake en verpakking word van poliëtileen gemaak.
  • Poliëtileen kom oorspronklik van natuurlike gas en petroleum, wat natuurlike hulpbronne is.
  • Al is plastiek sintetiese produkte (vervaardig in fabrieke), dra hulle by tot die afname in nie-hernubare natuurlike hulpbronne (gas en petroleum).

Plastiekrommel

  • Plastiekrommel is onaangenaam om te sien en dit kan probleme soos verstopte riole in stede veroorsaak wat tot oorstromings kan lei.
  • Plastiekrommel kan maklik in riviere gewaai of in die see gespoel word.
  • Waterliewende diere kan probeer om die plastiek te eet en daaraan verstik of verstrengel raak, en veroorsaak dat hul versmoor of verhonger.
  • Selfs al gooi ons plastiek behoorlik weg, veroorsaak dit steeds omgewingskade.

Plastiekafval op stortingsterreine

  • Plastiekafval word op ‘n stortingsterrein weggegooi waar dit moet ontbind.
  • Party plastieksoorte neem tot 1000 jaar om te ontbind.
  • Wanneer dit wel ontbind, stel dit giftige stowwe in die grond vry, wat plantlewe en mikroörganismes affekteer.
  • Die omgewing kan nie die hoeveelheid plastiek wat ons maak en weggooi,
  • hanteer nie.

Hoe ons minder plastiek kan gebruik

  • Ons kan minder plastiek gebruik en help om die omgewing te beskerm deur:
  • Plastiek-inkopiesakke te hergebruik.
  • Dra jou kruideniersware in lapsakke wat meer kere gebruik kan word.
  • Voordat jy ‘n plastiekproduk weggooi, dink eers of dit hergebruik kan word.
  • As dit nie hergebruik kan word nie, neem dit na jou naaste herwinningspunt.

Plastieksak wette in Suid-Afrika

  • In SA moet winkels volgens wet hulle kliënte vir plastieksakke laat betaal.
  • Die wet is in 2003 ingestel toe plastieksakke verbied en vervang is met dikker sakke wat makliker hergebruik kan word.
  • Klante is aangemoedig om eerder lapsakke te gebruik.
  • Die idee agter die wet is om die hoeveelheid plastiek wat op vullingsterriene beland of ons strate en natuurlike omgewing bemors te verminder.

 


AKTIWITEITE

Opdrag 5:

  1. Noem 3 nuttige eienskappe van plastiek.
  2. Noem 2 nadele van plastiek.
  3. Is die volgende stelling waar of onwaar, gee ook ‘n rede waarom jy so sê.  a) Plastiek ontbind binne ‘n paar dae en is daarna voedingstowwe vir plante.
  4. Skryf ‘n kort paragraaf om te verduidelik hoe ons te werk kan gaan om plastiek minder skadelik te maak vir die omgewing. Bespreek 4 feite.
  5. Wat is die idee agter plastieksak wette?

Memorandum

  1. sterk, lig en goedkoop
  2. Plastiekrommel is onaangenaam om te sien en dit kan probleme soos verstopte riole in stede veroorsaak wat tot oorstromings kan lei.  Plastiekrommel kan maklik in riviere gewaai of in die see gespoel word. Waterliewende diere kan probeer om die plastiek te eet en daaraan verstik of verstrengel raak, en veroorsaak dat hul versmoor of  verhonger.
  1. A) Onwaar, party plastieksoorte neem tot 1000 jaar om te ontbind.  Wanneer dit wel ontbind, stel dit giftige stowwe in die grond vry, wat plantlewe en mikroörganismes affekteer.
  1. Ons kan maklike aanpassings in ons daaglikse lewens maak soos om plastiek-inkopiesakke te hergebruik. Dra jou kruideniersware in lapsakke wat meer kere gebruik kan word. Voordat jy ‘n plastiekproduk weggooi, dink eers of dit hergebruik kan word. As jy dit nie hergebruik nie, neem dit na jou naaste herwinningspunt.
  1. Die idee agter die wet is om die hoeveelheid plastiek wat op vullingsterriene beland of ons strate en natuurlike omgewing bemors te verminder.

DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceLes 5.pdf

TOETS JOU KENNIS