Graad R Huistaal en Lewensvaardigheid 3

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

Ons land Suid-Afrika

Bybelstorie:

Goeiemôre maats. Ons gaan vanoggend weer ‘n stukkie uit die bybel lees. Laat mamma vir jou lees uit Joshua 2. Dit handel oor Ragab wat twee verkenners gehelp het. As jy ‘n kinderbybel het, kan mamma of pappa vir jou die storie daaruit lees. Hier is ‘n prentje van die storie:

Temabespreking:

Ons land het 5 nasionale simbole:

– Die protea. (Nasionale blom).

– Die springbok. (Nasionale bok).

– Die galjoen. (Nasionale vis).

– Die bloukraanvoël. (Nasionale voël).

– Die geelhoutboom. (Nasionale boom).

Hierdie 5 simbole gee identiteit aan ons land en maak ons land uniek.

Hier is ‘n prentjie om vir jou te wys hoe die 5 simbole van ons land lyk:

Gediggie:

Kom ons oefen weer vandag ons gediggie. Jy behoort hom nou al goed te ken.

Ons land het baie mense

wat hard werk elke dag.

Ons land is mooi en kleurvol

en pryk met blommeprag.

Klanke:

Laat mamma die volgende klankies se flitskaarte vandag weer vir jou flits en benoem dan die klankies:

a, d, g, o, e, s, i, u, f, j, k, l en m.

Lettergrepe:

Maats, ons gaan vandag aandag gee aan lettergrepe. Lettergrepe beteken om woordjies op te breek terwyl jy dit klap.

Vra vir mamma om vir jou die volgende woordjies te lees en klap dan die woordjies. Probeer onthou hoeveel klappies jy geklap het en sê dit vir mamma.

Bv. pro-te-a = 3 klappies

      spring-bok = 2 klappies

      lands-vlag = 2 klappies

      geel-hout-boom = 3 klappies

      gal-joen = 2 klappies

      blou-kraan-voël = 3 klappies, ens.

Luister mooi terwyl jy klap en onthou hoeveel keer jy geklap het.


AKTIWITEITE

Maatjies, ons gaan vandag ons eie, oulike bloukraanvoël maak - die nasionale voël van Suid-Afrika.

Dit is wat jy gaan nodig hê:

  • Verf – blou.
  • Stukkies blou materiaal en veertjies of sommer enigiets oulik wat mamma in die huis het wat hierby sal pas.
  • Skêr.
  • Stukkie tou

Dit is wat jy moet doen:

  • Verf die toiletrolletjie met blou verf en laat dit droog word.
  • Plak 2 knopies vir ogies.
  • Voltooi nou die voëltjie se lyfie met vere en stukkies materiaal. Vra vir pappa of mamma om ‘n toutjie vas te maak aan sy lyfie en hom in die boom op te hang.

Hier is ‘n prentjie van hoe jou bloukraanvoël kan lyk:


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceOuer-uitdrukstuk1.pdf

TOETS JOU KENNIS