Graad R Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid – Dinsdag

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

Water

Bybelstorie:

Goeiemôre maats. Vanoggend se storie handel oor Hanna wat bid vir ‘n kindjie. Jy en mamma kan dit lees uit 1 Samuel 1-2. Mamma kan dit uit jou kinderbybel ook lees. Hier is ‘n prentjie oor vandag se bybelstorie:

Temabespreking:

Kom ons gesels nou oor ons tema, Water.

Die verskillende vorme van water:

  • Ys
  • Vloeistof
  • Sneeu
  • Stoom
  • Ryp

Gesels sommer oor elke vorm. Hoe elkeen voel. Die temperatuur van elke vorm (koud of warm). Mamma kan vir jou by die ketel wys – hoe die stoom vorm soos die water warm word. Jy kan ook vir jou lekker tee maak sodra die water gekook het.

 

Gediggie:

Ons gaan vandag weer die gediggie oefen wat ons gister geleer het:

Rain on the grass

Rain on the grass,

rain on the tree,

rain on the roof top,

but not on me.

Klanke

Laat mamma die volgende klankies se flitskaarte vandag weer vir jou flits en benoem dan die klankies:

a, d, g, o, e, s, i, u, f, j, k, l, m en n.

Samevoeging van klanke:

Ons gaan vandag luister na klankies om woordjies te vorm. Mamma klank  woordjies wat uit drie klankies bestaan en jy moet mooi luister om die woordjie te hoor. Hier is ‘n paar voorbeelde: m – a – t, s – o – n, r – u – s,

 m – e – s, s –i – n. Mamma klank nog woordjies en jy sê die woordjie wat jy hoor.

Wiskunde:

Maats, kom ons begin vandag deur die syferkaarte van 1 – 10 te flits. Vra vir mamma om dit vir jou te flits en benoem dan die syfers. Gebruik jou uitgedrukte flitskaarte hiervoor.

Jy is seker al baie oulik hiermee!

Laat mamma nou die getalname van een tot vyf vir jou flits en benoem dit. Kyk mooi en dink aan die syfertjie wat daarby pas.

Vandag gaan ons meer en minder van getalle doen. Mamma gaan jou sommer vragies vra en jy beantwoord dit. Kry vir jou 10 tellertjies reg vir hierdie sommetjies. Jy kan doppies, proppies, ens. gebruik. Hier is ‘n paar voorbeelde van hoe mamma dit vir jou kan vra:

  • Wat is een meer as 4?
  • Wat is een minder as 7?
  • Wat is twee meer as 3?
  • Wat is twee minder as 8?

Gebruik jou tellers om die sommetjies te doen. Juffrou is seker jy geniet dit baie!


AKTIWITEITE

Lewensvaardigheid:

Maatjies vandag gaan ons baie pret hê. Jy kan solank jou gekleurde ysblokkies van gister uit die vrieskas gaan haal.

Wat het jy nodig vir die aktiwiteit?

  • Wit papier.
  • Gekleurde ysblokkies.

Ons het vandag gesels oor die verskillende vorme van water. Een van die vorme is ys. Jy gaan nou jou gekleurde ysblokkies gebruik  om ‘n prentjie te teken.


Wiskunde:

Maatjies vandag gaan ons so bietjie anders tel. Ons gaan “aantel”. Jy en mamma moet gou weer 20 tellers kry. Mamma gaan ‘n handjie vol tellers vat en dit tel. Daar waar mamma ophou tel, gaan jy net aan. Dan neem jy die orige tellers en tel aan. Bv. mamma tel 6 tellers af en jy gaan aan by 7. Hoe klink dit vir jou? Nog ‘n voorbeeld: Mamma tel 8 tellers af en jy tel aan by 9. Herhaal dit so paar keer en oefen so bietjie om aan te tel tot en met 20. Jy kan teen die einde sommer al die tellers van voor af tel, net om daardie vaardighede ook te oefen. Ek kan nie wag om jou te hoor tel nie.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceDinsdag.pdf

TOETS JOU KENNIS