Graad R Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid – Vrydag

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

Water

Bybelstorie:

Goeiemôre maats. Vandag gaan ons weer ‘n lekker Bybelstorie lees. Vandag se storie gaan oor Dawid en Goliat. Dit is altyd ‘n mooi storie om te lees. Dit staan in 1 Samuel 17 in die bybel. Mamma kan vir jou die storie in die kinderbybel lees. Hier volg ‘n mooi prentjie van die storie:

Temabespreking:

Kom ons gesels nou oor ons tema, Water.

Vandag gaan ons leer van al die verskillende bronne van water.

  • See
  • Wolke
  • Boorgate
  • Riviere
  • Damme
  • Fonteine

Dit is oral waar mens water vandaan kry. Jy en mamma kan so bietjie hieroor gesels.

Gediggie:

Kom ons sê gou ons gediggie vir oulaas op. Jy behoort hom nou al baie goed te ken.

Rain on the grass

Rain on the grass,

rain on the tree,

rain on the roof top,

but not on me.

Klanke:

Laat mamma die volgende klankies se flitskaarte vir jou flits en benoem dan die klankies: a, d, g, o, e, s, i, u, f, j, k, l, n en m.

Eindklanke:

Vandag gaan ons weer bietjie luister na die laaste klankie van die woord. Die klankie waarmee die woord eindig. 

Mamma kan nou vragies vra soos: Met watter klankie eindig die woord “kat”? (Wat hoor jy laaste as ek sê “kat”?)

Mamma, gebruik nou verskillende 3-letter woordjies om hierdie speletjie te speel. Bv. sop, bok, vat, mis, ens. Lê klem op die laaste klankie van die woord deur dit effens harder te sê indien hy /sy nie die klankie duidelik hoor nie.

Ek dink jul kom al mooi reg!

Wiskunde:

Maats, kom ons begin vandag deur die syferkaarte van 1 – 10 te flits. Vra vir mamma om dit vir jou te flits en benoem dan die syfers. Gebruik jou uitgedrukte flitskaarte hiervoor.

Kom, jy kan dit doen!

Laat mamma nou die getalname van een tot vyf vir jou flits en benoem dit. Kyk mooi en dink aan die syfertjie wat daarby pas.

Nou gaan ons ‘n paar oulike optel-en aftreksommetjies vra. Optel beteken ons “sit by” en aftrek beteken ons “vat weg”  Jy moet baie mooi luister na wat mamma vra:

– Daar staan 5 glase water op die tafel en jy drink 1 glas water op. Hoeveel glase water is daar oor?

– Jy het 2 balle en pappa koop vir jou nog ‘n bal. Hoeveel balle het jy nou?

– Jy het 3 waterballonne en jy laat val 2 op die grond en hulle bars. Hoeveel het jy oor?

Mamma kan nou aan nog so paar sulke voorbeelde dink en vir jou vra. Mamma, onthou die antwoord mag nie meer as vyf wees nie.


AKTIWITEITE

Lewensvaardigheid:

Maatjies vir die volgende aktiwiteit het jy nodig:

  • Wit papier
  • Swart koki
  • Gekleurde koki’s of verf

Jy gaan nou ‘n lekker groot prentjie teken met die swart koki. Die prentjie moet handel oor vandag se temabespreking. Ek het ‘n voorbeeld van ‘n rivier. Jy kan lekker kreatief wees. Jy kan dan jou swart koki-prentjie mooi helder inkleur met gekleurde koki’s of inverf met helder kleure verf. Ek hoop jy geniet hierdie aktiwiteit baie!



Wiskunde:

Maatjies vandag gaan ons bietjie aandag gee aan patrone. Ons het dit al in die klas behandel. Jy het seker in die huis gekleurde blokkies? Dit kan lego blokkies wees of enige ander blokkies. Jy moet nou 2 kleure kies en al daardie kleure blokkies gaan uitsoek. Ek kies byvoorbeeld blou en geel so dan gaan soek ek al die blou en geel blokkies uit. Sodra jy ‘n hele paar blokkies het, kan jy begin om ‘n patroon te pak. Myne sal natuurlik soos volg lyk: 1 blou blokkie, 1 geel blokkie, 1 blou blokkie, 1 geel blokkie en so herhaal die patroon heeltyd. Sodra jou patroon klaar gepak is kan jy dit sommer tel.

 

Jy het hard gewerk hierdie week! Juffrou is trots op jou!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceVrydag.pdf

TOETS JOU KENNIS