Graad R Wiskunde 1

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

Ons land Suid-Afrika

Maats, kom ons begin vandag deur die syferkaarte van 1-10 te flits.

Vra vir mamma om dit vir jou te flits en benoem dan die syfers. Gebruik jou uitgedrukte flitskaarte hiervoor.

Kom, jy kan dit doen!

Laat mamma nou die getalname van een tot vyf vir jou flits en benoem dit. Kyk mooi en dink aan die syfertjie wat daarby pas.

Nou gaan mamma vir jou ‘n paar oulike optel-sommetjies vra. Optel beteken ons “sit by”. Dink mooi en gee dan vir haar die antwoord.

– Jy het drie hempies en ouma koop vir

  jou nog een hempie. Hoeveel hempies  

  het jy nou?

– Daar lê twee blaartjies op die gras.

  Daar waai nog drie blaartjies van die

  boom af en val op die gras. Hoeveel

  blaartjies lê daar nou?

Mamma kan nou aan nog so paar sulke voorbeelde dink en vir jou vra. Mamma, onthou die antwoord mag nie meer as vyf wees nie.


AKTIWITEITE

Maats, ons gaan nou lekker saam tel.

Vra vir mamma of jy 20 van haar wasgoedpennetjies kan leen en pak dit langs mekaar in ‘n ry. Dit hoef nie dieselfde kleur te wees nie. (Hierdie speletjie kan ook lekker werk as jy 20

pasta-stukkies of knopies of doppies, of enigiets waarvan jy 20 het, kan kry).

Begin nou by die eerste pennetjie en skuif dit weg van die ander af. Tel dan terwyl jy dit wegskuif. Skuif dan die volgende pennetjies ook en tel die heeltyd terwyl jy dit wegskuif totdat jy by 20 kom. Moenie vinniger tel as wat jy dit wegskuif nie. Tel stadig en konsentreer terwyl jy dit doen. Jy kan dit ‘n paar keer herhaal of ook met ander items probeer.

Sjoe, dis lekker, nê?


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceOuer-uitdrukstuk1.pdf

TOETS JOU KENNIS