Ons Land Suid-Afrika
Maats, kom ons begin vandag nog ‘n keer deur die syferkaarte van 1-10 te flits.
Vra vir mamma om dit vir jou te flits en benoem dan die syfers.
Laat mamma nou die getalname van een tot vyf vir jou flits en benoem dit.
Kyk mooi en dink aan die syfertjie wat daarby pas.
Nou gaan mamma weer vir jou ‘n paar oulike optel-sommetjies vra. Dink mooi en gee dan vir haar die antwoord.
– Tyler het twee groot balle. Hy tel nog een bal in die tuin op.
Hoeveel balle het Tyler nou?
– Di-Mari het drie teddiebeertjies by haar ouma gekry vir haar
verjaarsdag. Haar tannie gee vir haar nog twee teddiebere.
Hoeveel teddiebere het Di-Mari nou?
Mamma kan nou aan nog so paar sulke voorbeelde dink en vir jou vra. Mamma, onthou die antwoord mag nie meer as vyf wees nie.
AKTIWITEITE
Maats, ons gaan vandag lekker tel.
Vra vir mamma vir 20 noedels (penne pasta of macaroni) en
‘n langerige stukkie tou.
Laat pappa of mamma vir jou ‘n dik knoop aan die een punt van die toutjie maak sodat die noedels nie uitval nie. Ryg nou die noedels een-vir-een in die toutjie en tel hardop terwyl jy dit doen. Wanneer jy klaar is, kan mamma die twee punte aan mekaar vasknoop. Verf nou die noedels met verskillende kleure verf en siedaar! Nou het jy ‘n mooi stringetjie kraletjies om vir mamma te gee wat sy om haar nek kan dra.