Graad RR Bybel en voëls 13 – 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Graad RR Dagprogram 13 - 14 Mei 2020

InhoudDoen oor 2 dae.

Bybelverhaal:  Noag, die duif en die kraai.  Gen. 8 : 2 – 6 

Sing:  Kyk hoedat die voëltjies vlieg. 

Temabespreking:

Ons kry verskillende soorte voëls: 

Roofvoëls, tuinvoëls, watervoëls en seevoëls.

Saadeters (mossie), Vrugtevreters (toekan en glasogie – Juf. Elma gaan vir jou ‘n video op Whatsapp stuur – 13 Mei), vleisvreters (uil), viseters (visarend), nektar (suikerbekkie), wurmpies en insekte (kwikkie – Juf. Petro gaan vir jou ‘n video op Whatsapp stuur – 14 Mei).  Kyk watter voëltjies kom kuier in jul tuin.  Onthou om vir hulle water uit te sit. 


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:

Jy gaan leer om ‘n voëltjie te teken.  Kry vir jou papier en ‘n potlood.  Teken soos wat Juf. Elma vir jou wys.  Nou kan jy sommer 5 teken en dit inkleur en uitknip.

Wiskunde:

Laat mamma 1 - 5 op jou voëltjies se magies skryf.  Jy moet vir mamma sê wat sy geskryf het.  Mamma skommel dit deurmekaar en jy moet dit van 1 - 5 uitpak.  Mamma mag help en later moet jy dit alleen doen. 

Gaan soek buite vir 5 veertjies, 5 blaartjies, 5 stokkies ens.  Tel tot 5 en gooi 5 goedjies in die lug.

Kyk of jy dalk ‘n lang / kort veer kan kry.

Lewensvaardigheid:

Gevoelspersepsie:

Teenoorgesteldes

Hoe voel die veertjie / stokkie / blaartjie wat jy opgetel het?  Hoe voel die boom se bas / die plaveisel / die muur / die grond / die gras, ens? 

Woordeskat:  glad, grof, nat, droog, hard, sag, warm, koud. 

Groot spiere

Huppel, spring, rol, hardloop, kruip en loop kruiwa.

Kry jou bal en doen wat mamma sê. 

Hou die bal met albei hande vas.  Gooi die bal op en vang dit weer.  Gooi die bal met jou linkerhand en vang dit met albei hande.  Gooi die bal met jou regterhand en vang dit met albei hande.  Bons die bal met jou linkerhand / regterhand.  (Doen dit gereeld) 



TOETS JOU KENNIS