Graad RR Bybel en voëls 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

Graad RR Dagprogram 15 Mei 2020

Inhoud:

Bybelverhaal:  Kwartels in die woestyn  Eksodus 16 : 1 -20

Temabespreking:

Voëls se kloue / pote is aangepas by hul omstandighede.  Eende het gewebde pote om te kan swem, roofvoëls se kloue moet hul prooi kan vang en vashou, ander voëls moet aan takke kan vashou, pikkewyne moet loop en swem met hul pote.

Voëls maak verskillende geluide.  Dit is hulle taal.  Elke soort voël het ‘n ander “taal”.  Gaan luister op YouTube na: “Die liedjie van die voëls” deur oom Pieter Smit en ook ”Bird sounds in SA” en “Klink van die voëls”.

Noem van die voëls waarvan oom Pieter sing.

Piet-my-vrou,  Hadida ens.

Jy hoor die voëltjie ……….(koer)

Luister na die voëltjies in jul tuin.  Dalk het jy hulle in die oom se liedjie gehoor.

Leer die versie:

Die vinkie

Ponkie, pankie, pinkie

daar onder loop ‘n vinkie. 

Vinkie trap

in Jan se pap.

Ponkie, pankie, pinkie

Herhaal die versie 2 keer.  U kleuter voltooi nou die sin.

Ponkie, pankie, ………

Daar onder loop ‘n ……….

Vinkie trap in Jan se ……..


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:

Wiskunde

Maak 1, 2, 3, 4 en 5 met klei.  Maak ‘n nessie met 5 klein eiertjies daarin.  

Tel 1 tot 20.  Mamma tel en stop by enige getal en u kleuter tel dan verder.

Lewensvaardigheid:

Balspele

Bons die bal 3 / 5 / 7 keer.

Bons die bal met jou regterhand, dan links, dan regs, dan links….

Rol die bal met jou linkerhand.

Gooi die bal teen die muur en laat dit bons voordat jy dit vang.

Gooi die bal teen die muur en probeer dit vang.

(As daar nie ‘n muur is wat jy kan gebruik nie, kan mamma die bal vir jou gooi en bons.)

Gevoelspersepsie:

Teenoorgesteldes

Gaan soek iets in die huis wat glad, grof, koud, nat, warm, hard, sag is.  Hoe voel julle banke, gordyne, handdoeke, borde, vurke, deure ens.

 

Geniet jul naweek en hou sommer die voëltjies dop.  Maandag werk ons weer.

 



TOETS JOU KENNIS