Graad RR Bybel en voëls

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

Graad RR Dagprogram 11 - 12 Mei 2020

Inhoud:  (Doen oor 2 dae)

Bybelverhaal:  Ons leer die volgende 2 weke die liedjie aan:  Kyk hoedat die voëltjies vlieg. Gebruik jou eie CD of DVD of gebruik  YouTube.  Tik in:  Lofliedjie, Kyk hoedat die voëltjies vlieg.  Jy kan Kinderlof of Lollos se liedjie luister.

Temabespreking:

Luister na “Aai, aai die witborskraai”  op YouTube.  (Tik net die liedjie se naam in op YouTube.)

Kyk na al die eienskappe van ‘n voël.  Dit het ‘n kop, snawel, nek, krop, pote, stertvere, donsvere, vlerke, oë, ore ens..    

Google:

blogs.litnet.co.za vo235ls-se-ore om ‘n pragtige foto van ‘n voël se ore te sien.  Voëls het nie oorskulpe nie. Hulle ore is net ‘n gat in die kop agter hulle oë.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:

Maak Mielieblom-vingerverf:  
Gooi in ‘n kastrol:  25 ml suiker,  80 ml mielieblom en ‘n bietjie sout. Roer 500 ml koue water geleidelik by.  Sit kastrol op matige hitte en roer totdat dit ‘n gladde jel vorm.  Laat afkoel en roer koekkleursel of poeierverf by.  Hou in ‘n lugdigte houer.  Gebruik by vandag se Wiskunde. 

Wiskunde:

Ons gee van vandag af meer aandag aan getal 5.

Druk jou hand in die  verf en druk dit op ‘n papier af.  Druk nou vir elke vinger nog ‘n kolletjie langsaan.  Hoeveel vingers het jy?  Hoeveel kolle het jy gemaak?  Laat mamma, pappa, boetie, sussie hul hande ook druk en dan plak jy dit teen jou deur of muur.  Tel elkeen se vingers.  5 aan elke hand.

Lees vir u kleuter die volgende versie:

In ‘n klein nessie bo-in die boom

Sit vyf klein voëltjies en droom.

Op mamma se koms word daar gewag,

Want sy bring wurmpies, ‘n grote vrag.

Een vir een word hul gevoer,

maar glo my dis ‘n groot rumoer.

Almal rek hul bekkies wyd

om uiteindelik ‘n wurmpie raak te byt.

Lê klem op 5.  Wys vir u kleuter hoe lyk 5 en laat hy / sy sommer  5 voëltjies in ‘n nessie teken. 

Luistervaardigheid:  

Vra vir u kind die volgende vragies:

 Wat was bo-in die boom?  Daar is‘n nessie bo-in die boom.

Wat het die voëltjies gedoen?  Hulle het gesit en droom.

Waarvan het hulle gedroom? Hulle het gedroom van al die wurmpies wat mamma gaan bring.

Antwoord in sinne en nie net woorde nie.

Motoriese bewegings:

Staan soos ‘n flamink in die water op jou een been.  Buk af sover as wat jy kan. 

Vlieg soos ‘n voël.

Hersiening van links en regs.

Lig  jou  regterarm op.

Maak jou regteroog toe.

Staan op jou linkervoet.

Lig jou linkerbeen op.

Raak met jou regterhand aan jou regteroor.

Raak met jou linkerhand aan jou linkervoet.

Ritme:

Doen bewegings op maat van “Aai aai die witborskraai”

Klap lettergrepe: wit-bors-kraai, voël-tjie, wurm-pies, nes-sie.

 

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGeen werkvel vir vandag.pdf

TOETS JOU KENNIS