Graad RR Dagprogram 6 – 7 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

Padveiligheid

Graad RR – Inhoud – 6 en 7 Mei 2020

Bybelverhaal:  Jesus genees die verlamde man.  Matt. 9 : 1 – 7.  Wees dankbaar vir jou lyfie wat gesond is.

Temabespreking:

Daar is mense wat jou kan help om ‘n veilige voetganger te wees.  Vra net hulle hulp.  Byvoorbeeld jou ouers, ander groot mense, die skolierpatrollie en verkeerskonstabel.  Onthou om regs, links en weer regs te kyk.  Waar daar nie ‘n sypaadjie met ‘n randsteen is nie, moet jy teen die heining van die huise loop.  Verduidelik ook aan u kleuter waar dit veilig is om met

 sy / haar fiets te ry.

Laat u kleuter sinne maak met:  randsteen, verkeerslig, voetoorgang.

Luister na die storie op YouTube:  Daantjie Kat vang ‘n skelm vertel deur Fanus Rautenbach. Geniet die storie.


AKTIWITEITE

Graad RR – Aktiwiteit

6 en 7 Mei 2020

Doen oor 2 dae:

Teken ‘n prentjie waar jy op ‘n veilige plek speel.  Plak die wolke met watte en skeur papiertjies om jou klere te plak.  Laat mamma jou help om kreatief te wees.

Wiskunde: (Dieselfde)

Maak jou eie dobbelsteentjie van klei.  Druk “kolletjies” met tandestokkies of gebruik jou gewone dobbelsteentjie.  Gooi ‘n dobbelsteentjie en pak voorwerpe uit vir elke kolletjie van jou dobbelsteentjie .

Mamma pak 3 blokkies uit.  Jy pak presies dieselfde kleur en getal uit.  Jy pak uit en mamma moet dieselfde uitpak.  Jy moet kyk of sy reg is.  Doen met verskillende voorwerpe, vorms, kleur en getalle.  Tel elk keer die voorwerpe.

Maak jou eie klei.  Help mamma om dit af te meet.  Meng 250 ml meel, 125 ml sout, 10 ml kremetart, kleursel en 125ml kookwater.  Meng alles goed en knie ‘n bietjie.  Hou in ‘n lugdigte houer.    

Luistervaardigheid en geheue

U vertel ‘n deel van Daantjie se storie en u kleuter vertel ‘n stukkie, dan is dit weer u beurt.  Maak seker dat u kleuter sy / haar woorde korrek uitspreek.  Speel weer telefoontjie.  Almal sit in ‘n ry.  Die eerste persoon fluister ‘n woord in die volgende persoon se oor.  Die laaste persoon herhaal die woord hardop.

Groot spiere

Vandag gaan julle groot pret hê.  Julle moet kruiwaloop.  Staan met jou hande op die gras en iemand moet jou voete vashou.  Jy loop nou vorentoe en agtertoe op jou hande.  Stadig dat jou arms nie seer word nie.

Spring “hopscotch”.

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceLesplan 6 en 7 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS