Graad RR Dagprogram 4 – 5 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

Graad RR Dagprogram 4 - 5 Mei 2020

Gr RR – Inhoud – 4 en 5 Mei 2020:

Bybelverhaal:  Jesus genees dowes en ander gestremdes.  Matt. 15 : 29 – 31

Temabespreking:

Kyk Lollos se video op YouTube (https://youtu.be/qelDJuV9Ru8) oor die dra van veiligheidsgordels.  Dit is ook ‘n baie belangrike ding om te doen.  Verduidelik vir u kleuter die rede waarom dit gedra moet word.  Veral as ‘n mens vinnig moet stop vir kinders wat sommer op enige plek oor die pad hardloop.  Ons stap oor die pad by die volgende plekke:  zebrastrepe, voetoorgange by stopstrate en verkeersligte.  By die skool is daar ‘n  baie spesiale groep kinders wat die skolierpatrollie genoem word.  Hulle help die ander kinders om veilig oor die pad te stap.  Hulle wys die motoriste wanneer om te stop en wanneer hul weer mag ry.  Sodra die skool begin gaan ons dit prakties vir ons kinders wys.  (Ek hoop dit is sommer gou) 

Laat u kleuter sinne maak met:  veilig, gevaarlik, voetganger en sypaadjie.

Leer ons nuwe liedjie aan. (Die tweede versie van “Die straat is nie ons speelplek nie”)

Die straat gebruik ons (winkels toe) 3x

Die straat gebruik ons winkels toe

of na die skool of mark.


AKTIWITEITE

Graad RR – Aktiwiteit – 4 en 5 Mei 2020:

Doen die werk oor 2 dae

Knip prentjies uit van ‘n motor, ‘n boom, ‘n huis en mense.  Teken ‘n pad en plak jou prente op en langs die pad.  Maak ‘n voetoorgang of teken ‘n verkeerslig. (Doen die werkie oor twee of selfs drie dae.)  Juffrou gaan ‘n prentjie op Whatsapp sit.

Wiskunde

Neem vir mamma of enige lid van jul gesin saam.  Kyk hoe ver kan jy stap   terwyl mamma tel tot by 20.  Kyk hoe ver kan mamma stap terwyl jy tel tot by 20.  Tel nou elke tree (tot by 20) en kyk wie is die verste van die beginpunt af.

Doen die werkvel met herhalende patroon.Doen steeds die geheue oefeninge waar u getalle en woorde sê wat u kleuter moet herhaal.  Voeg net meer getalle by soos wat u kleuter  vorder.

Lewensvaardigheid:

Luistervaardigheid:  Gee aan u kleuter 2 opdragte om uit te voer.  Gooi vir die hond skoon water in en spring soos ‘n hasie tot by die voordeur.  Gee opdragte slegs een keer.

 



TOETS JOU KENNIS