Graad RR Lewensvaardighede Perseptuele vaardighede

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

Graad RR Lewensvaardighede Perseptuele vaardighede

(Soos gister)

Jy is ‘n voetganger as jy op die sypaadjie loop.  Gaan staan by die randsteen voordat jy oor die pad loop.  Kyk regs, dan links, dan weer regs voordat jy oor die pad loop.  Maak seker dat daar geen motors aankom nie.  Dit is baie gevaarlik om in die straat te speel.  Moet nooit oor die straat hardloop nie.  Verduidelik die gevolge aan u kleuter.  Hou eerder aan mamma se hand vas en stap mooi oor die straat.


AKTIWITEITE

 

Koördinasie:  Groot spiere

Koördinasie:

Groot spiere

Spring soos ‘n padda.  Loop soos ‘n krap.  Hop soos ‘n hasie.

Hand-oog koördinasie

Slaan ‘n ballon of ligte bal in die lug.  Kyk hoe lank jy daarmee kan aanhou voordat dit weer op die grond val.

Musiek:  (Hard / sag)

Speel musiek hard:  Jy ry in ‘n vragmotor.  (Kleuter beweeg ronde n maak asof hy / sy bestuur).  Verander musiek na ‘n rukkie na sag.  Jy ry op ‘n fiets.  (Kleuter lê op sy / haar rug en ry fiets in die lug).  Herhaal.

Liedjie nr. 1  (Op wysie van London Bridge)

Die straat is nie (ons speelplek nie) X3

Die straat is nie ons speelplek nie.

Ons het ‘n werf en ‘n park.

Liedjie nr. 2  (Op die wysie van London Bridge)

Ragie Regs is (hierdie kant) X3, Ragie Regs is hierdie kant,

my regter oor.  (U kleuter moet dan met die regterhand sy / haar oor wys).  Vervang “oor” met ander liggaamsdeel.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley face29 April 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS