Graad RR Lewensvaardigheid: Padveiligheid, 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

Graad RR Lewensvaardigheid Padveiligheid

Jy is ‘n voetganger as jy op die sypaadjie loop.  Gaan staan by die randsteen voordat jy oor die pad loop.  Kyk regs, dan links, dan weer regs voordat jy oor die pad loop.  Maak seker dat daar geen motors aankom nie.  Dit is baie gevaarlik om in die straat te speel.  Moet nooit oor die straat hardloop nie.  Verduidelik die gevolge aan u kleuter.  Hou eerder aan mamma se hand vas en stap mooi oor die straat.


AKTIWITEITE

Werkopdrag

Maak ‘n vragmotor of motor van verskillende bokse.  Plak dit aanmekaar vas.  Gebruik toiletrolle, doppies of enige sirkels vir die wiele.  Knip vierkante / reghoeke uit vir die vensters en deure.  Jy kan dit ook verf as jy die geskikte verf daarvoor het.  Jy kan die hele week hieraan werk.

Koördinasie:  Groot spiere

Rol oor die mat en dan oor die kussings.  Kies iemand in die gesin om in die pret ted eel.  Herhaal gister se bewegings.

Musiek:

Doen bewegings op die maat van vrolike, rustige musiek.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley face28 April 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS