Graad RR Lewensvaardigheid Perseptuele vaardighede
(Soos gister en eergister)
Jy is ‘n voetganger as jy op die sypaadjie loop. Gaan staan by die randsteen voordat jy oor die pad loop. Kyk regs, dan links, dan weer regs voordat jy oor die pad loop. Maak seker dat daar geen motors aankom nie. Dit is baie gevaarlik om in die straat te speel. Moet nooit oor die straat hardloop nie. Verduidelik die gevolge aan u kleuter. Hou eerder aan mamma se hand vas en stap mooi oor die straat.
AKTIWITEITE
Koördinasie: Groot spiere
Staan op knieë met hande reguit na kante. Maak sirkels met jou arms. (Vorentoe en agtertoe).
Speel weer met ballon / ligte bal.
Klein spiere
Rol ‘n klein balletjie / alabaster tussen jou hande en dan met jou vingers. Rol die balletjie / alabaster onder jou voete en giggle sommer, want ek glo dit gaan kielierig wees!
Musiek:
Laat julle hele huisgesin ‘n dansie uitwerk op maat van jul gunsteling liedjie OF hou j yen jou ouer boetie / sussie konsert vir jul ouers. Dans met linte, hoepels of enige iets van jul keuse. Ek wens ek kon dit sien!
Sing elke dag die liedjies en herhaal die gediggies van die afgelope weke.
Môre mag julle ‘n rusdag geniet. Geniet jul naweek! Volgende week werk ons weer verder.