Handel

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 27 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Primêre, sekondêre, vaardighede en dienste

Goeie môre outjies en vroutjies

Ons gaan vandag fokus op hoe produkte vervaardig word. Vervaardiging in ‘n land is belangrik. Dit verskaf produkte wat mense in die land kan koop en dit verskaf werk. Om produkte te vervaardig bevat dit sekere stappe nl. Primêre-, Sekondêre produkte, Vaardighede en dienste.

Primêre Produkte: Voordat enige produkte gemaak word moet die grondstowwe uit die natuur gehaal word. As jy bv. ‘n tafel wil maak benodig jy hout. Hout moet in plantasies afgekap word en na die fabriek gestuur word om verwerk te word. Die vis wat jy vang kan ook gesien word as primêre produkte, omdat hy uit die natuur gehaal word. So dit is dan onverwerk.

Sekondêre Produkte: Is produkte wat gemaak word van primêre produkte. Die natuurlike produkte (Primêre) word na die fabriek geneem en verwerk na sekondêre produkte. Kom ons vat die vorige voorbeeld. As jy hout afkap is dit mos ‘n primêre produk. Dit word na die fabriek geneem om verwerk te word soos bv. meubels. Die meubels sal as die sekondêre produk wees.

 

Vaardighede en dienste

Vaardighede: Dit is ongelooflik belangrik vir die land. Jou land se mense wat gaan leer by bv. Kollege en Universiteit val in hierdie afdeling. Vaardighede wat by universiteite en kolleges aangeleer kan word is bv. onderwys, dokter, ingeneur, rekenmeester, ens.   

Dienste: Dit is die besighede wat die dienste lewer om die produkte aan die verbruiker te verskaf of die vervaardigde produkte na die verbruiker te vervoer. Die sekondêre produk word hier aan jou verkoop. Iets so eenvoudig soos brood wat in die fabriek gebak word, word dan in die winkel verkoop wat gesien word as ‘n diens.


AKTIWITEITE

Julle moet asb. die volgende aktiwiteit vir meneer doen. Onthou dat alle vrae met volsinne beantwoord moet word. Indien die aktiwiteit in ‘n tabel gedoen moet word, word dit netjies met ‘n liniaal en potlood getrek. Probeer altyd jou bes, al ken jy nie die antwoord nie. Mooi dink!



TOETS JOU KENNIS