Lewensvaardigheid Graad 1 15 Mei

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Veiligheid in die huis

Môre maatjies,

Ons juffrouens gaan al Maandag terug skool toe om alles gereed en veilig te kry vir julle. Ongelukkig mag julle nog nie skool toe kom nie en nou mis ons juffrouens julle net meer en meer. Stuur asb. deur die week vir ons foto’tjies van hoe julle werk.

Ons tema is nogsteeds: VEILIGHEID IN DIE HUIS.

Laasweek het ons lekker geleer oor verskillende maniere om veilig te bly.  Vandag gaan Juffrou kyk of jy mooi verstaan het.


AKTIWITEITE

Vandag se aktiwiteite hoef nie geprint te word nie, jy kan dit alles mondelings voltooi. As jy dit wel print, kan jy:
Aktiwiteit 1 se antwoorde uitknip en plak onder die regte opskrif.
Aktiwiteit 2 kan jy alles wat onveilig is omkring.
Aktiwiteit 3 is sommer ‘n LO lessie vir die pret. Jy moet ‘n hindernis bou en so vinnig as wat jy kan daardeur beweeg.

AKTIWITEITE (sien drukbare dokumente)
Aktiwiteit 1:
Gesels ‘n bietjie oor wat jy moet doen as daar ‘n vuur in jou huis, of by die skool is. Kyk dan na die aktiwiteit en besluit wat jy moet doen as daar ‘n vuur is, en ook wat jy nie moet doen as daar ‘n vuur is nie.

Aktiwiteit 2:
Wys al die onveilige situasies in die prentjie.

Aktiwiteit 3:
Bou ‘n hindernisbaan binne of buite die huis. Gebruik jou verbeelding en wat jy tot jou beskikking het.


Lekker werk en lekker speel.
Bly veilig!



TOETS JOU KENNIS