Lewensvaardigheid Graad 3: Week 4, Vrydag 8 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Lewensiklus: Inleiding

Môre maats

Hierdie week gaan ons ‘n nuwe tema bespreek. Ons gaan meer leer oor die verskillende lewensiklusse. Alle lewende dinge gaan deur ‘n lewensiklus. ‘n Lewensiklus is die naam wat gegee word aan die veranderings waardeur ‘n lewende ding in sy lewe gaan. ‘n Nuwe siklus begin wanneer die stel veranderings weer begin. ‘n Mens en dier het ‘n lewensiklus. Juffrou gaan net ‘n paar diere se lewensiklusse met jou bespreek.

BYBEL:   Genesis 21

Vra vir ‘n volwassene om vir jou Abraham en Isak te lees uit die Bybel. Hierdie storie gaan oor ‘n pa en sy seun.

Luister gerus na Bybel verhale, Volume 1: Isak word gebore.


AKTIWITEITE

Het jy geweet dat ons verskillende maniere kry waarop diere se baba’s gebore word en grootword? Bv. Voëls en paddas het ‘n eier wat uitbroei, maar soogdiere soos perde en honde se baba’s word lewendig gebore.

 

Werkkaart 16:

In juffrou se aktiwiteit moet jy die “dier” uitken en aandui hoe sy lewensiklus begin. Jy mag vir ‘n volwassene vra om jou te lei met vraagstelling oor hoe jy dink die dier sy lewensiklus sal begin.

Les Bébés Animaux éclosent Des Oeufs Ou Dessinent Des Animaux D ...Animals that give Birth to Babies | Common Features of the MammalsWhy Babies Are So Cute — And Why We React the Way We Do | Discover ...

Byvoorbeeld:

‘n Soogdier soos ‘n .............. (dier) se siklus begin by ‘n (eier / baba).

‘n Insek soos ‘n .............. (dier) se siklus begin by ‘n (eier / baba).

‘n Amfibië soos ‘n .............. (dier) se siklus begin by ‘n (eier / baba).

‘n Voël soos ‘n .............. (dier) se siklus begin by ‘n (eier / baba).

 

Liggaamsopvoeding:

Vir ons LIGGAAMSOPVOEDING gaan ons vandag Lokomotories en ruimtelike oriëntasie oefeninge doen. Hierdie is oefeninge wat jou liggaam bewus maak van beweging en die omgewing waarin jy beweeg.

 

Warm op met naboots aktiwiteite soos die gallop van ‘n perd, vlieg soos ‘n skoenlapper, hardloop soos ‘n hond en spring soos ‘n padda. Bring in verband met diere van juffrou se les.

 

Vir jou aktiwiteit moet jy vir jou ‘n hindernisbaan bou. Jou hindernisbaan moet 5 vaardighede toets.

 

Vir afkoeling strek na bo en onder. Lê op jou rug en strek jou arms bo jou kop. Ontspan jou liggaam en haal diep asem. Lê nou rustig en ontspan tot jou liggaam afgekoel het.

 

Opsioneel:

SKEPPENDE KUNSTE:  Beeldende Kunste - Moedersdag!

 

Jy kan iets oulik maak vir mamma of ouma vir Moedersdag. Gebruik jou eie idees.



TOETS JOU KENNIS