Lewensvaardigheid: Week 5: Vrydag, 8 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Wilde Diere: Die Groot 5

Wilde diere: Die Groot Vyf

Ons gaan vandag meer leer oor wilde diere. Het jy al van die Groot vyfgehoor? Hulle het hul naam gekry aangesien hulle die moeilikste diere is om te voet te jag. Hierdie diere sluit in: Die leeu, olifant, renoster, luiperd en buffel. Kom ons leer meer oor elke dier.

Die leeu

Die leeu is deel van die katfamilie.  Leeus jag in die nag en rus in die dag, aangesien dit te warm is om in die dag te jag. Die wyfie doen meeste van die jagwerk. Leeus woon in troppe en verkies dit om in oop grasvlaktes te leef.

Die olifant

Die Afrika olifant is die grootste landdier in die wêreld. ‘n Olifant se groot ore help hom om koel te bly. Hy gebruik sy lang slurp om te ruik, trompetter, drink, gryp en asem te haal.  Olifante is in gevaar omdat wilddiewe hulle vir hul ivoortande jag.

Die renoster

Daar is twee tipes renosters: Die Swart Renoster en die Wit Renoster.  Hulle kan nie baie goed sien nie, maar het ‘n baie fyn reuksin.  Hulle is baie groot en kan tot 2500 kg weeg. ‘n Renoster word gekenmerk vir die horing op sy neus. Ongelukkig is dit ook die rede hoekom sy lewe bedreig is.  Skelms jag renosters vir hul horings.

Die Jagluiperd

‘n Luiperd sleep sy prooi tot in ‘n boom. Sy kolle help hom hom te kamofleer (sodat hy lyk soos sy omgewing). 

Die buffel

Buffels woon in troppe. Hulle beskerm mekaar. Die Afrika Buffel is een van Afrika se gevaarlikste diere.


AKTIWITEITE

Wilde diere: Die Groot Vyf

Lees die volgende raaisels. Raai watter een van die Groot vyf dit is. Skryf dit op die lyntjie neer ofskryf die naam langs die nommer in jou matboek.

Raai raai wie is ek…

  1. Ek kan nie baie goed sien nie, maar kan goed ruik. Skelms jag my vir my horing. Ek is ‘n ___________________________
  2. Ek is die grootste landdier in die wêreld. Ek het ‘n stertjie van voor en ‘n stertjie van agter. Ek is ‘n _____________________
  3. Ek is een van Afrika se gevaarlikste diere. Ek woon in ‘n trop.

     Ek is ‘n ___________________________

  1. My kolle help om myself te kamofleer. Ek sleep my prooi tot in ‘n boom. Ek is ‘n ________________________
  2. Ek jag in die nag en slaap in die dag. Ek verkies dit om in grasvlaktes te leef. Ek is ‘n _________________________


TOETS JOU KENNIS