Metale en nie-metale
Lees bladsy 53-54
Ons het nou metale en nie-metale behandel en gesien dat hulle verskillend is en elkeen spesifieke eienskappe en doele het.
Opsomming:
Metale is blink, hard, sterk, gelei hitte en elektrisiteit.
Voorbeelde: yster, goud, koper, tin, nikkel, kroom, ens.
Nie-metale is sag, bros, dof, gelei nie hitte of elektrisiteit nie. Kan ‘n gas, vloeistof of vaste stof wees.
Voorbeelde: Plastiek, water, hout, papier, suurstof, koolstofdioksied, materiaal, ens.
AKTIWITEITE
Aktiwiteit:
Teken die volgende tabel oor op ‘n bladsy en voltooi die volgende. Vind voorwerpe in die huis en gebruik dit om die tabel te voltooi.
Voorwerp | Metaal | Nie-metaal | Lys die eienskappe |
Bv. Lepel | x |
| Hard, blink, solied |
Bv. Sand |
| x | Dof, vaste stof, gelei nie elektrisiteit nie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Toets jou kennis:
Metale en nie-metale
1) Watter een van die volgende is ‘n nie-metaal?
- a) Vurk
- b) Mat
- c) Pot
- d) Kraan
2) Watter een van die volgende is ‘n metaal?
- a) Hout stoel
- b) Muur
- c) Glas
- d) Hamer
3) Wat is ‘n eienskap van ‘n metaal?
- a) Geleier van hitte en elektrisiteit
- b) Sag
- c) Dof
- d) Bros
4) Watter materiaal word geklasifiseer as ‘n nie-metaal?
- a) Yster
- b) Koper
- c) Plastiek
- d) Tin
5) ____________ is die eienskap om solied te wees en moelike om te breek of buig.
- a) Blink
- b) Smeebaar
- c) Hardheid
- d) Rekbaar