Metale en Nie metale – Woensdag – Vrydag

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Metale en nie-metale

Lees bladsy 53-54

Ons het nou metale en nie-metale behandel en gesien dat hulle verskillend is en elkeen spesifieke eienskappe en doele het.

Opsomming:

Metale is blink, hard, sterk, gelei hitte en elektrisiteit.
Voorbeelde: yster, goud, koper, tin, nikkel, kroom, ens.

Nie-metale is sag, bros, dof, gelei nie hitte of elektrisiteit nie. Kan ‘n gas, vloeistof of vaste stof wees.
Voorbeelde: Plastiek, water, hout, papier, suurstof, koolstofdioksied, materiaal, ens.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:

Teken die volgende tabel oor op ‘n bladsy en voltooi die volgende. Vind voorwerpe in die huis en gebruik dit om die tabel te voltooi.

Voorwerp

Metaal

Nie-metaal

Lys die eienskappe

Bv. Lepel

 x  

 

Hard, blink, solied

Bv. Sand

 

x  

Dof, vaste stof, gelei nie elektrisiteit nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Toets jou kennis:

Metale en nie-metale

1) Watter een van die volgende is ‘n nie-metaal?

  1. a) Vurk
  2. b) Mat
  3. c) Pot
  4. d) Kraan

2) Watter een van die volgende is ‘n metaal?

  1. a) Hout stoel
  2. b) Muur
  3. c) Glas
  4. d) Hamer

3) Wat is ‘n eienskap van ‘n metaal?

  1. a) Geleier van hitte en elektrisiteit
  2. b) Sag
  3. c) Dof
  4. d) Bros

4) Watter materiaal word geklasifiseer as ‘n nie-metaal?

  1. a) Yster
  2. b) Koper
  3. c) Plastiek
  4. d) Tin

5) ____________ is die eienskap om solied te wees en moelike om te breek of buig.

  1. a) Blink
  2. b) Smeebaar
  3. c) Hardheid
  4. d) Rekbaar

 

 

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGraad 5 NWT 4-8 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS