Natuurwetenskap, 11 Mei 2020 (Inheemse strukture)

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Inheemse Strukture

Goeie more Graad 4’s:

Hierdie week gaan die julle bietjie minder NW doen en meer SW. So ons gaan slegs op Maandag NW doen. Hierdie week se NW gaan nie ‘n aktiwiteit by hê nie. Die werk moet net deeglik met die kinders deur gegaan word.

Onthou: Hierdie is alles nuwe werk. Asseblief gaan die werk deeglik met die kinders deur en maak seker dat die aktiwiteite nagesien word. Bewaar dit veilig vir wanneer die skole weer begin.

Maandag, 11 Mei 2020

Inheemse mense van Suid-Afrika

Die San, Nama, Zulu, Xhosa is van die inheemse mense van ons land wat huise bou soos in figuur 1, deur van raamstrukture gebruik te maak. Iemand of iets wat natuurlik in ‘n area gevind word, word inheems genoem. Daar is nomadiese mense wat altyd van plek tot plek beweeg op soek na voedsel. Nomande gebruik materiaal wat hulle in en om die area kry waar hulle hul huise wil bou. Hierdie huise hoef nie vir ‘n lang tyd te hou nie, want hulle trek na ‘n paar weke of maande weer.

Sommige mense bou huise waarna verwys word as ‘n “bynes” huis omdat dit koepelvormig is. Hulle gebruik klein groen boompies vir die raamwerk. Hulle bind die klein boompies saam aan die bokant. Die raamwerk word met grasse van die area, riete of matte van gras wat hulle weef, bedek. Die grasse of riete maak die huise wind en reënbestand.


AKTIWITEITE

Hierdie werk het geen aktiwiteit nie. Slegs inligting wat aan kinders gegee word om verlede week se NW werk beter te verstaan.



TOETS JOU KENNIS