Natuurwetenskap-Graad 4 (5 Mei 2020)

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Stutte en Raamstrukture

Goeie more Graad 4’s:

Hierdie week gaan die julle bietjie minder NW doen en meer SW. So ons gaan slegs op Maandag NW doen hierdie week. Alle inligting word voorsien aan leerders. Leerders voltooi aktiwiteite op lyntjies papier.

Onthou: Hierdie is alles nuwe werk. Asseblief gaan die werk deeglik met die kinders deur en maak seker dat die aktiwiteite nagesien word. Bewaar dit veilig vir wanneer die skole weer begin.

Maandag, 4 Mei 2020

Stutte en Raamstrukture

Raamstrukture

Daar is drie verskillende tipes strukture:                                                                                             

  • Dopstrukture
  • Soliede strukture
  • Raamstrukture

‘n Raamstruktuur is ‘n raamwerk gemaak uit stroke of stutte soos ‘n stoel. Voorbeelde van raamstrukture is:

  • Stuunstutte
  • Brûe
  • Hyskrane

Stutte

Stutte help om die vorm van raamstrukture te behou. Hulle maak raamstrukture sterker sodat hulle, hulle eie gewig kan dra en die gewig waarvoor hulle gemaak is. ‘n Driehoek is ‘n baie sterk vorm. Wanneer stutte in driehoeke geheg word, kan hulle sterk, bruikbare strukture vorm.

 Versterking van raamstrukture

Verskillende strukture word vir verskillende gebruike gebou. Hulle moet ‘n vrag kan dra, iets beskerm of oor ‘n afstand span. ‘n Fiets is ‘n raamwerk wat ‘n vrag dra, en ‘n sambreel is ‘n raamwerk wat ons teen sonlig en reën bekerm. ‘n Brug is ‘n raamstruktuur wat oor ‘n afstand span en die gewig van mense en karre kan dra. Kyk na die prentjies hieronder. Hulle is almal raamstrukture wat deur stutte versterk is.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

Kyk na die prentjies hierbo en beantwoord die volgende vrae op jou lyntjies bladsy.

  1. Bespreek waar stutte in die verskillende prentjies gebruik word.

2.1 Kies enige twee van die voorbeelde hierbo en gebruik ‘n liniaal en ‘n kleur potlood om 5 oorkruis stutte in te teken op elkeen van jou voorbeelde.

2.2 Omlyn die vorm wat gevorm is waar ‘n steenstut gebruik is en benoem die vorm.

 

Memo:

Aktiwiteit 1:

  1. Dit word langsaan, onder, tussen en bo-op die voorwerpe gebruik om hulle te versterk.

2.1 Meneer het die toring gekies en met ‘n ander kleur die stutte in geteken. As jy mooi sien vorm die stutte driehoeke en vierkante om die toring te versterk.

2.2 Soos jy kan sien op die toring het meneer die steunstutte omkring en vir jou aangedui watter vorm dit is.  As jy mooi kyk is dit driehoeke en vierkante wat die toring struktuur stut. 

 

 

 

                                                                                        



TOETS JOU KENNIS