Nog eienskappe van Metale
Nuwe werk vir die week:
Ander eienskappe van metale:
Lees die inligting op bladsye 56-58 oor:
Metale gelei hitte bl. 56
Die magnetiese eienskappe van ‘n metaal bl.57 en
Roes bl.58.
Skryf al die nuwe woorde se definisies neer.
AKTIWITEITE
Maandag – Dinsdag, 11 - 12 Mei 2020
Merk verlede week se werk.
Aktiwiteite:
Nie-metale wat ‘n Vastestof is: | Nie-metale wat ‘n vloeistof is: | Nie-metale wat ‘n gas is: |
Bv. Plastiek | Bv. Water | Bv. Suurstof |
Hout stoel/tafel | Koeldrank | Koolstofdioksied |
Materiaal | Kookolie | Stoom van die ketel |
Papier/Boek | Asyn | Gas van die stoof/oond |
Glas/venster | Shampoo | Vlamme/rook van die vuur. |
Antwoorde kan verskil | Antwoorde kan verskil | Antwoorde kan verskil |
Voorwerp | Metaal | Nie-metaal | Lys die eienskappe |
Bv. Lepel | ü |
| Hard, blink, solied |
Bv. Sand |
| ü | Dof, vaste stof, gelei nie elektrisiteit nie. |
Hout tafel |
| ü | Hard, dof,solied |
Sitkamer banke |
| ü | Sag, dof, |
Graaf | ü |
| Hard, Vaste stof, Blink |
Boek |
| ü | Sag, gelei nie elektrisiteit nie |
Antwoorde kan verskil |
Toets jou kennis: Antwoorde
Metale en nie-metale
1) B
2) D
3) A
4) C
5) C
Woensdag – Vrydag 13 - 15 Mei 2020
Hierdie week gaan ons ‘n paar lekker eksperimente doen. Onthou om altyd die wetenskaplike metode bl.6 te volg wanneer jy ‘n eksperiment doen. Vra altyd hierdie vrae om jou eksperiment suksesvol te voltooi.
Die wetenskaplike metode:
Doel
Hoekom doen ek die eksperiment?
Hipotese
Wat dink jy sal gebeur wanneer jy die eksperiment doen?
Materiale
Wat het ek nodig om die eksperiment te doen?
Metode
Hoe moet ek die eksperiment doen?
Stap1:
Stap2:
ens.
Resultaat en bespreking
Wat het gebeur tydens die eksperiment?
Het my eksperiment gewerk?
Aktiwiteite: (Gebruik die wetenskaplike metode om jou eksperimente te voltooi)
Ondersoek die geleiding van hitte:
Vat ‘n bak met warm water (nie kookwater nie). Wees versigtig sodat jy nie brand nie.
Druk die volgende voorwerpe in die water vir 30 sekendes.
- Hout lepel
- ‘n Teelepel
- ‘n Stukkie materiaal
- ‘n Plastiek voorwerp
Watter van die volgende voorwerpe is die warmste en bly die langste warm na jy dit uit die water haal?
(Die voorwerpe wat die warmste is of die langste warm bly is goeie geleiers van hitte.) Jy kan ook ander voorwerpe toets.
Ondersoek magnetiese materiale:
As jy ‘n magneet het kan jy die volgende eksperiment probeer.
Vat jou magneet en kyk wat in jou huis deur hierdie magneet aangetrek word. As jou magneet aan ‘n voorwerp vassit is die voorwerp magneties.
Lys die magnetiese voorwerpe in jou huis.
EKSTRA WERK: Hierdie aktiwiteit is nie verpligtend nie.
Ondersoek materiale wat roes:
Ondersoek Aktiwiteit 3 op bladsy 58-59.
Ek hoop julle geniet die eksperimente hierdie week!