NWT 11-15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Nog eienskappe van Metale

Nuwe werk vir die week:

Ander eienskappe van metale:

Lees die inligting op bladsye 56-58 oor:

Metale gelei hitte bl. 56
Die magnetiese eienskappe van ‘n metaal bl.57 en
Roes bl.58.

Skryf al die nuwe woorde se definisies neer.


AKTIWITEITE

Maandag – Dinsdag, 11 - 12 Mei 2020

Merk verlede week se werk.

Aktiwiteite:

 

Nie-metale wat ‘n Vastestof is:

Nie-metale wat ‘n vloeistof is:

Nie-metale wat ‘n gas is:

Bv. Plastiek

Bv. Water

Bv. Suurstof

Hout stoel/tafel

Koeldrank

Koolstofdioksied

Materiaal

Kookolie

Stoom van die ketel

Papier/Boek

Asyn

Gas van die stoof/oond

Glas/venster

Shampoo

Vlamme/rook van die vuur.

Antwoorde kan verskil

Antwoorde kan verskil

Antwoorde kan verskil

 

Voorwerp

Metaal

Nie-metaal

Lys die eienskappe

Bv. Lepel

ü   

 

Hard, blink, solied

Bv. Sand

 

ü   

Dof, vaste stof, gelei nie elektrisiteit nie.

Hout tafel

 

ü   

Hard, dof,solied

Sitkamer banke

 

ü   

Sag, dof,

Graaf

ü   

 

Hard, Vaste stof, Blink

Boek

 

ü   

Sag, gelei nie elektrisiteit nie

Antwoorde kan verskil

 

Toets jou kennis: Antwoorde

Metale en nie-metale

1)  B

2)  D

3)  A

4)  C

5)  C

Woensdag – Vrydag 13 - 15 Mei 2020

Hierdie week gaan ons ‘n paar lekker eksperimente doen. Onthou om altyd die wetenskaplike metode bl.6 te volg wanneer jy ‘n eksperiment doen. Vra altyd hierdie vrae om jou eksperiment suksesvol te voltooi.

Die wetenskaplike metode:

Doel
Hoekom doen ek die eksperiment?

Hipotese
Wat dink jy sal gebeur wanneer jy die eksperiment doen?

Materiale
Wat het ek nodig om die eksperiment te doen?

Metode
Hoe moet ek die eksperiment doen?
Stap1:
Stap2:
ens.

Resultaat en bespreking
Wat het gebeur tydens die eksperiment?
Het my eksperiment gewerk?

 

 

Aktiwiteite: (Gebruik die wetenskaplike metode om jou eksperimente te voltooi)

Ondersoek die geleiding van hitte:
Vat ‘n bak met warm water (nie kookwater nie). Wees versigtig sodat jy nie brand nie.
Druk die volgende voorwerpe in die water vir 30 sekendes.

  • Hout lepel
  • ‘n Teelepel
  • ‘n Stukkie materiaal
  • ‘n Plastiek voorwerp

Watter van die volgende voorwerpe is die warmste en bly die langste warm na jy dit uit die water haal?
(Die voorwerpe wat die warmste is of die langste warm bly is goeie geleiers van hitte.) Jy kan ook ander voorwerpe toets.

Ondersoek magnetiese materiale:
As jy ‘n magneet het kan jy die volgende eksperiment probeer.
Vat jou magneet en kyk wat in jou huis deur hierdie magneet aangetrek word. As jou magneet aan ‘n voorwerp vassit is die voorwerp magneties.
Lys die magnetiese voorwerpe in jou huis.

EKSTRA WERK: Hierdie aktiwiteit is nie verpligtend nie.

Ondersoek materiale wat roes:
Ondersoek Aktiwiteit 3 op bladsy 58-59.

Ek hoop julle geniet die eksperimente hierdie week!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGraad 5 NWT 11-15 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS