NWT – Metale en nie-metale Maandag – Dinsdag

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Eienskappe van metale en nie-metale

Maandag – Dinsdag 4 – 5 Mei 2020
Eienskappe van nie-metale:

Verlede week het ons meer geleer oor nie-metale. Hier is ‘n paar eienskappe van nie-metale:

 Nie-metale kan vaste stowwe, vloeistowwe of gasse wees. (Metale is gewoonlik vaste stowwe.)
 Nie-metale is:
o Dof
o Bros
o Sag
o Gelei nie elektrisiteit nie
o Gelei nie hitte nie


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:
Voltooi die volgende tabel. Nie-metale kan ‘n vaste stof, vloeistof of ‘n gas wees. Vind verskillende nie-metale in jou huis of buite en voltooi die volgende tabel deur voorbeelde te gee.

Nie-metale wat ‘n Vastestof is:

Nie-metale wat ‘n vloeistof is:

Nie-metale wat ‘n gas is:

Bv. Plastiek

Bv. Water

Bv. Suurstof

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Merk verlede week se opdrag:
MEMO:
1. Noem 10 nie-metale wat in jou huis voorkom. Sê dan ook watter materiale hierdie nie-metale van gemaak is. Bv. Tafel – Hout
 Tafel – Hout
 Mat – Materiaal
 Waterbottel – Plastiek
 Water – Vloeistof
 Glas – Glas
 Deur – Hout
 Bed – Materiaal en hout
 Venster – Glas
 Klere – Materiaal
 Skoene – Rubber, materiaal
 Jy kan ook ander noem.
2. Lys 5 eienskappe van nie-metale. (bladsy 53)
 Dof
 Bros
 Sag
 Gelei nie hitte nie
 Gelei nie elektrisiteit nie
3. Kyk na die volgende prentjie. Watter materiale word gebruik om ‘n motor te vervaardig? Sê ook of die materiale metale of nie-metale is.
 Bande – Rubber – Nie-metaal
 Bakwerk – Yster – Metaal
 Sitplekke – Materiaal/leer – Nie-metaal
 Vensters – Glas – Nie-metaal
 Nommerplaat – plastiek – Nie-metaal
 Jy kan ook ander antwoorde hê.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGraad 5 NWT 4-8 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS