Oplossings eksperiment

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Materie

Môre outjies en vroutjies

Vandag gaan ons fokus op oplosbare en onoplosbare stowwe. Ons kry te doen met oplosbare en oplosbare stowwe in die alle daagse lewe.

Oplossings

Party vastestowwe lyk of hulle in die vloeistof verdwyn en ons noem dit‘n oplossing. Ons kan nie meer sien, wat die vloeistof en wat die vastestof is nie. Ons kan dus nie meer die verskillende stowwe in die oplossing sien nie.

Byvoorbeeld: Koffie en suiker is‘n oplossing.

Die suiker (vastestof) verdwyn in die koffie.

Ons sê dat die suiker in die koffie opgelos het. Die groot suiker partikels het opgebreek en tussen die koffie (vloeistof) partikels in beweeg.

As jy byvoorbeeld spaghetti maak, moet jy sout in die water gooi. Die sout wat jy ingooi los op en beweeg tussen die partikels in. Die sout word dan bestempel as oplosbaar. Sand word gesien as ‘n onoplosbare stof. As jy sand saam met water meng sal dit nie tussen die water partikels inbeweeg nie, omdat die sand se partikels te groot is. Dit maak die sand en water onoplosbare stof. Die vermoë  wat ‘n stof het om op te los, noem ons oplosbaarheid.


AKTIWITEITE

Ons gaan ‘n eksperiment tuis doen om die vermoë van oplosbaarheid vir sekere stowwe te bewys.



TOETS JOU KENNIS