Oplossings

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Fokus op eenvormig.

Goeie môre outjies en vroutjies

Ons het in die vorige les bietjie termologie behandel oor hoe ‘n mens mengsels kan skei. Dit is belangrik om hierdie tegnieke te leer en te verstaan.

Vandag gaan ons bietjie dieper gaan kyk na oplossings. ‘n Baie eenvoudige voorbeeld is suiker en water. Suiker is ‘n vaste stof en water ‘n vloeistof. Wanneer die suiker in die water val word dit opgelos en dit smelt glad nie. Die suikerpartikels beweeg tussen die waterpartikels in. So die suiker verdwyn nie, maar beweeg net tussen die partikels in. ‘n Vraag wat baie leerders vra is of jy die oplossing weer kan skei? Ja jy kan! Verhitting moet plaasvind deur die water te kook. Waterpartikels sal na stoom omgesit word en verdamp. Die suikerpartikels bly agter en vorm dan kristalle.

Alle oplossings is eenvormig in voorkoms. Dit beteken dat oplossings dieselfde lyk regdeur die oplossing en die vaste stof  nie meer in die oplossing gesien kan word nie.


AKTIWITEITE

Die aktiwiteit wat volg fokus weer op termologie. Dit is baie belangrik dat jy jou termologie moet ken en ook verstaan. Doen die blokkiesraaisel netjies. Ek weet julle gaan die blokkiesraaisel geniet!



TOETS JOU KENNIS