Banksake, spaar en begrotings
Lesbeplanning
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
|
Graad 7 | |||||
Tydsduur : 2 ure
|
Week: 11 Mei – 15 Mei 2020 | |||||
Konsep
Rekeningkunde Banksake, spaargeld en begrotings.
|
Kernvrae
Wat is banksake? Hoekom moet ‘n bank gebruik word. Wat doen ons met ons eie geld wat ons oorhou, en wat doen ‘n besigheid? Hoe kan ons inkomstes en uitgawes beplan sodat ons uitgawes nie meer is as ons inkomstes nie. |
Integrasie
Tale (Lees en skryf, denkvlakke) Wiskunde |
||||
Doelwitte
Kennis: Aanleer van rekeningkundige begrippe spesifiek banksake en spaargeld. ‘n Begroting Vaardighede: Doen basiese rekeningkunde Begrip: ‘n Deeglike begrip van ekonomiese taalgebruik en die toepassing daarvan.
|
Lesverloop
Kyk na die video clip op YouTube wat begrotings en spaar, wins en verlies aan jou verduidelik. https://www.youtube.com/watch?v=yBTRtIgy5Aw&t=17s https://www.youtube.com/watch?v=CqD3hnjZBTM Werk in jou handboek en werk met die inligting wat daar vir jou gegee word, bl.60 en 61. Daar is ‘n voorbeeld van ‘n eenvoudige bankstaat. Elke mens, ek en jy, asook besighede doen sake met ‘n bank. Hierdie sake word transaksies genoem en vir elke transaksie kry mens ‘n papier wat ‘n bewys van die transaksie is. Dit noem ‘n mens brondokumente. Wanneer mamma vir jou geld inbetaal deponeer sy geld in jou bankrekening en wanneer jy geld uithaal maak jy ‘n onttrekking. Hierdie rekening van jou word ‘n lopende rekening genoem. Wanneer jy geld oorhou kan jy dit spaar, wanneer besighede wins maak kan die geld ook gespaar of belê word. Kyk bladsy 61. ‘n Dokument wat jy gebruik om jou moontlike inkomstes en uitgawes vir ‘n tydperk (maand, jaar) te beplan, word ‘n begroting genoem. Kyk noukeurig na die definisies in die geel blokkies en leer en verstaan die begrippe. |
Opdrag
Doen aktiwiteit 5.4 op bladsy 60. |
AKTIWITEITE
Laerskool Hartenbos
Graad 7 Ekonomiese Bestuurswetenskappe
Maandag tot Vrydag 11 – 15 Mei 2020
Bron: EBW handboek, en YouTube
https://www.youtube.com/watch?v=yBTRtIgy5Aw&t=17s
https://www.youtube.com/watch?v=CqD3hnjZBTM
Banksake, spaargeld en begrotings.
Werk: Aktiwiteit Sien handboek bl. 60 aktiwiteit 5.4.
Tyd 2 ure, versprei oor die week.