Rekeningkundige begrippe vervolg

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Banksake, spaar en begrotings

Banke en banksake

Lesbeplanning

 

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 

Graad 7
Tydsduur : 2 ure

 

Week: 11 Mei – 15 Mei 2020
Konsep

 

Rekeningkunde

Banksake, spaargeld en begrotings.

 

 

 

 

 

Kernvrae

 

Wat is banksake?

Hoekom moet ‘n bank gebruik word.

Wat doen ons met ons eie geld wat ons oorhou, en wat doen ‘n besigheid?

Hoe kan ons inkomstes en uitgawes beplan sodat ons uitgawes nie meer is as ons inkomstes nie.

Integrasie

 

Tale (Lees en skryf, denkvlakke)

Wiskunde

 
Doelwitte

 

Kennis: Aanleer van rekeningkundige begrippe spesifiek banksake en spaargeld. ‘n Begroting

Vaardighede: Doen basiese rekeningkunde

Begrip: ‘n Deeglike begrip van ekonomiese taalgebruik en die toepassing daarvan.

 

 

 

 

 

 

 

Lesverloop

Kyk na die video clip op YouTube wat begrotings en spaar, wins en verlies aan jou verduidelik.

https://www.youtube.com/watch?v=yBTRtIgy5Aw&t=17s

https://www.youtube.com/watch?v=CqD3hnjZBTM

Werk in jou handboek en werk met die inligting wat daar vir jou gegee word, bl.60 en 61.  Daar is ‘n voorbeeld van ‘n eenvoudige bankstaat.

Elke mens, ek en jy, asook besighede doen sake met ‘n bank.  Hierdie sake word transaksies genoem en vir elke transaksie kry mens ‘n papier wat ‘n bewys van die transaksie is.  Dit noem ‘n mens brondokumente.

Wanneer mamma vir jou geld inbetaal deponeer sy geld in jou bankrekening en wanneer jy geld uithaal maak jy ‘n onttrekking.  Hierdie rekening van jou word ‘n lopende rekening genoem.

Wanneer jy geld oorhou kan jy dit spaar, wanneer besighede wins maak kan die geld ook gespaar of belê word. Kyk bladsy 61.

‘n Dokument wat jy gebruik om jou moontlike inkomstes en uitgawes vir ‘n tydperk (maand, jaar) te beplan, word ‘n begroting genoem.

Kyk noukeurig na die definisies in die geel blokkies en leer en verstaan die begrippe.

Opdrag

 

Doen aktiwiteit 5.4 op bladsy 60.


AKTIWITEITE

Laerskool Hartenbos

Graad 7 Ekonomiese Bestuurswetenskappe

Maandag tot Vrydag 11 – 15 Mei 2020

Bron: EBW handboek, en YouTube

https://www.youtube.com/watch?v=yBTRtIgy5Aw&t=17s

https://www.youtube.com/watch?v=CqD3hnjZBTM

Banksake, spaargeld en begrotings.

 

Werk: Aktiwiteit Sien handboek bl. 60 aktiwiteit 5.4.

Tyd 2 ure, versprei oor die week.



TOETS JOU KENNIS