Renaisance

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Europese verkening

Môre outjies en vroutjies

Die tema van vandag gaan oor die ontstaan van die Renaissance. Die tydperk voor die renaissance was ‘n baie donker tydperk wat oorheers is deur die Katolieke kerk. Die moderne mens mag nie in daai tyd “buite die boks” gedink het nie. Hulle is gewoontlik vervolg of tot dood veroordeel. Vir baie uitvinders was dit nie so lekker tyd gewees nie. Met die aanbreek van Renaissance het mense wyer begin dink. Hulle het anders begin verf, wetenskaplike eksperimente begin doen en net oor die algemeen begin anders dink. Hulle het nuwe idees uit die Griekse en Romeise beskawings geput. Die Grieke en Romeine was jare vooruit as dit gekom het met wetenskap en tegnologie. Die Grieke en die Romeine het die volgende goed uitgevind wat ons nog vandag gebruik nl.

Grieke Romeine
Die olimpiese spele Die eerste toilet
Die kaart Paaie
Die eerste anker Die kalender
Watermeuele Gebinde boeke
Medisyne Kitskos

Dis hoekom die renaissance so belangrik was, Dit was die hergeboorte, ‘n nuwe begin vir kultuur, kuns, tegnologie en wetenskap.

Baie van die idees wat ontstaan het, het via die handelsroete ook gekom, Daar het selfs idees van China afgekom. Deskundiges sê dat die mense van die Renaissance baie geïnteresseerd was in die mens en die wêreld waarin hulle gewoon het, terwyl die mense van die middeleeue meer geïnteresseerd was in godsdiens en die lewe na die dood.

Tot vandag word Leonardo da Vinci as seker een van die mees indrukwekende mense in die geskiedenis van die wêreld.  Hy het bewys dat as mense die vryheid gegee word dat ongelooflike uitvindsels geskep kan word.

Leonardo is in 1452 in Vinchi gebore. Leonardo was die beste voorbeeld van die Renaissance. Hy was in alles geïnteresseerd.  Hy het na Florence getrek om kuns te gaan studeer. Onthou dat hy op ‘n latere stadium vir Mona Lisa sal skilder, so om kuns te studeer sal hom op ‘n latere stadium beroemd sal maak. Hy het grootste gedeelte van sy lewe in Milaan spandeer. Milaan is in Italië. Hy het vir die heerser Hertog Ludovico Sforza gewerk. Leonardo was veral goed in ontwerp en bou van interessante masjiene wat op ‘n latere stadium vir Frankryk in oorloë sou verslaan. Hy sou op ‘n latere stadium hom by koning Francis I gaan vestig waar hy in 1519 in Frankryk sou sterf.

Loer gerus na die Youtube insetsel.

https://www.youtube.com/watch?v=Rm0qszPJnc8


AKTIWITEITE

In die volgende aktiwiteit  moet die blokkiesraaisel voltooi word om jou woordeskat lekker uit te brei. As kind het my juffrou blokkiesraaisel gebruik om my taalverbruik uit te brei. Kyk op bl.67, 68 en 69 vir antwoorde.



TOETS JOU KENNIS