Sosiale Wetenskap (Aardrykskunde), Dinsdag 12 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

'n Aardbol en 'n kaart van die wêreld

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag en Donderdag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Dinsdag, 12 Mei 2020

Aardrykskunde

‘n Aardbol en ‘n kaart van die wêreld

(As julle sukkel om die prentjie te sien die prentjie is meer duidelik onder printable documentation) 

Wat is ‘n vasteland (kontinent)?

‘n Vateland is ‘n groot land massa op die aarde. Daar is 7 vastelande. Dit is:

  • Asië
  • Afrika
  • Noord-Amerika
  • Suid-Amerika
  • Antartika
  • Australië
  • Europa

Ewenaar

In Geografie is die ewenaar ‘n denkbeeldige lyn wat halfpad tussen die Noordpool en die Suidpool om die aarde getrek is. Kyk op die kaart. Die ewenaar verdeel die oppervlak in die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond. Die breedtegraad van die ewenaar is 0. ‘n Vasteland is ‘n groot landmassa. Daar is 7 vastelande op die aarde.

Oseane

Oseane is groot watermassas wat oor die aardbol strek. Sommige van die grootste oseane is:

  • Die Stille Oseaan – Dit is die grootste oseaan op aarde.
  • Die Atlantiese Oseaan – Dit is die aarde se tweede grootste oseaan.
  • Die Indiese Oseaan – Die kleinste van die drie oseane wat hier gelyk word. Dit lê aan Suid-Afrika se ooskus.

AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1

Kyk goed na die kaart van die wêreld en beantwoord die vrae op jou lyntjies papier.

 

  1. Maak ‘n lys van al die vastelande
  2. Hoeveel vastelande is daar?
  3. Watter vasteland is die grootste?
  4. Watter vasteland is die kleinste?
  5. Watter vasteland word heeltemal deur water omring?
  6. Wattter vasteland lê die verste Suid?
  7. Watter vasteland lê die verste Noord?
  8. Maak ‘n lys van al die oseane wat jy kan sien.

 

Memo:

  1. Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, Asië, Antartika, Europa, Australië
  2. 7 vastelande
  3. Asië
  4. Australië
  5. Antartika en Australië
  6. Antartika
  7. Europa
  8. Indiese Oseaan, Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan

 



TOETS JOU KENNIS