Sosiale Wetenskap Aardrykskunde-Graad 4 (5 Mei 2020)

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Kompasrigtings

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Aardrykskunde

Dinsdag, 5 Mei 2020

Kompasrigtings

Tot dusver het jy die woorde links, regs op en af gebruik om rigting te verduidelik. Wanneer ons langer afstande reis, kan ons nie woorde soos op stap of af ry gebruik nie. Sulke verduidelikings beteken niks! Wanneer ons met karate werk, is dit belangrik om woorde te gebruik wat rigting aandui. Die belangrikste rigting punte is:

  • Noord (N)
  • Suid (S)
  • Oos (O)
  • Wes (W)

Ons noem dit die vier basiese punte van die kompas. Ons gebruik ook hierdie vier punte van die kompas om ons te help om rigting op ‘n kaart te vind


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die volgende vrae:

Vraag 1: Jy is by die stadsaal

  • Noem die plek wat Noord van jou is.
  • Noem die straat wat Wes van jou is.
  • Noem die straat wat Oos van jou is.

Vraag 2: Wanneer jy by die hospitaal is, in watter rigting sal jy die volgende vind?

2.1 Haarkapper

2.2 Roomyswinkel

2.3 Hoogstraat

 

Vraag 3: Soek Nelson Mandelastraat. In watter rigting sal jy stap as jy:

3.1 links vanaf Nelson Mandelastraat met Violetstraat afstap

3.2 regs vanaf Nelson Mandelastraat met Violetstraat afstap

3.3 langs Nelson Mandelastraat afstap met die vulstasie aan jou linkerkant?

 

Memo

Aktiwiteit 1:

Vraag 1

  • Vulstasie/Petrolstasie
  • Tweede Laan
  • Eerste Laan

 

Vraag 2

2.1 Suid

2.2 Oos

2.3 Noord-Oos

 

Vraag 3

3.1 Noord

3.2 Suid

3.3 Wes

 



TOETS JOU KENNIS