Sosiale Wetenskap (Aardrykskunde)-Graad 4 (5 Mei 2020)

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

'n Kaart van Suid-Afrika

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Aardrykskunde

Woendag, 6 Mei 2020

 

‘n Kaart van Suid-Afrika

Suid-Afrika lê aan die suidelike punt van Afrika. Suid-Afrika is in 9 provisies verdeel. Kan jy die provinsies op die kaart opspoor? ‘n Grens is die lyn wat die land verdeel en een provinsie van ‘n ander skei. As jy na die kaart kyk sal jy sien dat die Indiese Oseaan aan die ooskus van Suid-Afrika geleë is en die Atlantiese Oseaan aan die weskus van Suid-Afrika.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

  1. Pas die provinsie van kolom A by die stad in kolom B.

     Bv. 1=G

A. Provinsie

B. Stede

1. Limpopo

A. Pietermaritzburg

2. Noord-Wes

B. Kaapstad

3. Vrystaat

C. Mbombela (Nelspruit)

4. Oos-Kaap

D. Kimberley

5. Gauteng

E. Polokwane

6. Noord-Kaap

F. Mahikeng

7. Mpumalanga

G. Bloemfontein

8. Wes-Kaap

H. Bhisho

9. KwaZulu-Natal

I. Johannesburg

  1. Watter provinsies het die Atlantiese Oseaan aan die weskus?
  2. Watter provinsie is die grootste?
  3. Watter provinsie is die kleinste?

 

Memo

Aktiwiteit 1:

1.

1=E

2=F

3=G

4=H

5=I

6=D

7=C

8=B

9=A

  1. Wes-Kaap en Noord-Kaap
  2. Noord-Kaap
  3. Gauteng

 



TOETS JOU KENNIS