Sosiale Wetenskap (Geskiedenis), 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Gandhi en ‘n nuwe manier van baklei

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Donderdag, 14 Mei 2020

Geskiendenis

 

Gandhi en ‘n nuwe manier van baklei

Doen Aktiwiteit 1. As die prentjies onduidelik is kyk onder printable documentation.

Doen aktiwiteit 2. As die prentjies onduidelik is kyk onder printable documentation. 


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

  1. Skryf die woord ‘Satyagraha’ drie keer neer om seker te maak dat jy dit reg spel.
  2. Skryf neer wat ‘Satyagraha’ beteken.
  3. Teken die boom met die hart op jou lyntjies papier oor.
  4. Skryf woorde op die hart en die boom wat verduidelik wat ‘Satyagraha’ beteken.

 

Memo Aktiwiteit 1:

  1. Satyagraha, Satyagraha, Satyagraha
  2. Die mag en liefde wat sonder geweld uit die waarheid kom.
  3. Leerders teken die boom met die hart oor op hul lyntjies papier.
  4. Leerders skryf woorde soos: vreedsaam, liefde, niegeweld op die boom en hart neer.

 

Aktiwiteit 2:

  1. Voltooi die volgende sinne:
  2. Mahatma is ‘n ander naam vir…..
  3. Satyagraha beteken…..
  4. Ek kan ‘n goeie leier wees onder my vriende deur….

 

Memo van Aktiwiteit 2:

  1. a) Groot Gees
  2. b) die mag en liefde wat sonder geweld uit die waarheid kom.
  3. c) leerder se eie antwoord.


TOETS JOU KENNIS