Sosiale Wetenskap (Geskiedenis)-Graad 4 (7 Mei 2020)

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Mandela veg vir wat reg is

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Geskiedenis

Donderdag, 7 Mei 2020

 

Mandela veg vir wat reg is

Alle swart mans moes ‘n pasboek dra. Hulle moes te alle tye hulle pasboek by hulle gedra het. Die polisie kon enige tyd van die dag of nag vra dat hulle hul pasboek moes wys. As ‘n man nie ‘n pasboek gehad het, is hy in die tronk gegooi. Die paswette was een van die mees gehate wette.

Mandela was bereid om standpunt in te neem vir wat hy geglo het reg is. Mandela en die ANC het gereel dat swart mans hulle pasboeke verbrand om te wys hoe baie hulle dit gehaat het. Hulle het geweet hulle oortree die wet en sou in die moeilikheid beland. Die regering het nie toegelaat dat enige iemand van hulle verskil nie.

Nog iets wat die ANC gedoen het om te wys hoe baie hulle die onregverdige wette gehaat het was om ‘n dokument genaamd die vryheidsmanifes op te stel.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

  1. Wat was ‘n pasboek?
  2. Wie moes pasboeke saamdra?
  3. Dink jy Mandela was dapper om sy pasboek te verbrand?.
  4. Wat het met die mans gebeur wat nie hulle pasboeke by hulle gehad het as die polisie daarvoor gevra het nie?

 

Memo

Aktiwiteit 1:

  1. Dit was soos ‘n identiteitsboekie/kaartjie wat ons vandag ken. Wat inligting verskaf van die persoon. Asook dat die persoon mag rondbeweeg in die land.
  2. Alle swart mans
  3. Ja, want hy het diewet oortree en hy het geweet en watter groot moeilikheid hy kon beland.
  4. Hulle is in die tronk gegooi.

 



TOETS JOU KENNIS