Sosiale Wetenskap (Geskiedenis)-Graad 4 (8 Mei 2020)

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Mandela gaan tronk toe en Mandela word Vrygelaat

Goeie More Gr4’s,

Julle gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Geskiedenis

Vrydag, 8 Mei 2020

Mandela gaan tronk toe op Robbeneiland

Die Suid-Afrikaanse regering was bang vir Mandela en die ANC. Hulle kon sien dat Nelson Mandela ander mense kon lei op standpunt in te neem teen hulle wette.

In 1948 het die wette nog strenger geword. Swart mense het geen regte gehad nie. Hierdie nuwe wette is apartheid genoem. Die apartheidregering het Mandela en ander leiers van die ANC gearresteer. Hulle is verhoor en in die tronk gesit. Mandela en ander ANC leiers is na die tronk op Robbeneiland gestuur. Hulle is politieke gevangenes genoem omdat hulle tronk toe gestuur is vir dit waarin hulle glo. Hulle was nie misdadigers nie.

Skepe mag nie nader as 1.5km aan die eiland gekom het nie. Besoeke deur familie en vriende, asook briewe aan die gevangenes is streng beheer.

Mandela word vrygelaat

In 1990 het die Suid-Afrikaanse regering ingestem dat apartheid beeindig sal word. Al die politieke gevangenes is vrygelaat. Mandela was 27 jaar lank in die tronk. Apartheid het in 1994 tot ‘n einde gekom. Elke Suid-Afrikaner, swart en wit, wat ouer as 18 was kon vir ‘n nuwe regering stem. Mandela het Suid-Afrika se eerste swart president geword. Mandela het in 1994 die president van Sui-Afrika geword en het belowe om Suid-Afrika na ‘n beter toekoms te lei.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

  1. As jy ‘n gevangene op Robbeneiland was, gee een rede waarom dit moeilik sou wees om te ontsnap.
  2. Wat dink jy, het Mandela bedoel toe hy gesê het hy sal Suid-Afrika na ‘n beter toekoms lei?
  3. Verduidelik in ‘n kort paragraaf waarom Mandela as een van die grootste leiers wat die wêreld nooit ooit gesien het beskou word.

 

Memo

Aktiwiteit 1:

  1. Die tronk was op ‘n eiland met net see rondom die eiland en die enigste manier om van die eiland af te kom is per boot.
  2. Om regverdigheid vir almal te skep.
  3. Mandela het geveg vir wat reg is. Hy was die eerste swart president van Suid-Afrika en hy was nog boonop in die tronk vir 27 jaar voordat hy president geword het. Dit is iets wat nie maklik sou gebeur het in Suid-Afrika nie. Hy het opgestaan vir wat reg was en hy was nie bang vir die nagevolge daarvan nie. Hy was ‘n goeie leier!


TOETS JOU KENNIS