Sosiale Wetenskap-Graad 4, 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Ruitenetverwysings

Goeie more Graad 4’s

Leerders gaan hierdie week ‘n bietjie meer SW doen. Ons gaan Dinsdag, Woensdag en Donderdag SW doen. Aktiwiteite word op lyntjies papier gedoen. Merk asb die werk met die leerders. Bewaar die werk op ‘n veilige plek vir wanneer die skole weer begin. Hierdie is nuwe werk, dus is dit uiters belanglik.

Aardrykskunde

Dinsdag, 28 April 2020

Hierdie aktiwiteit gaan gepaard met verlede week se werk. Gaan dit dus weer deur en beantwoord die vrae.

Aktiwiteit 1:

Mense gebruik kaarte om rigtingaanwysings te kry. ‘n Sleutel is ‘n tabel wat op ‘n kaart voorkom wat die betekenis van ‘n simbool op ‘n kaart verduidelik.

Die lees van ‘n kaart van ‘n plaas, dorpie of gedeelte van ‘n dorp deur middel van die gebruik van simbole en ‘n sleutel

Kyk goed na die kaart van ‘n plaas hierbo en beantwoord die vraag wat volg:

  1. Watter simbool stel die appelboord voor?
  2. Sê watter geboue A, I, J en K gemerk is?
  3. Watter twee geboue kom langs die teerpad voor?
  4. Watter gebou kom langs die kweekhuis voor?
  5. Watter gebou kom oorkant die straat van die kweekhuis voor?

Ruitenetverwerwysings

 

Alfanumeriese ruitenetverwysings

Die woord “alfa” verwys na die letters van die alfabet en numeries verwys na getalle (nommers). As ons ruitenet oor ‘n kaart sit, kano ns die letters van die alfabet en nommers gebruik om die kaartruitenet te merk. Dit maak dit makliker om plekke of goed op ‘n kaart op te spoor. Wanneer ons ‘n ruitenet gebruik, kan ons ‘n plek op die kaart ‘n verwysing gee deur die letter en die nommer te gebruik van die blokkie wat oor die plek lê wat ons wil uitwys, byvoorbeeld A1 of B2


AKTIWITEITE

Hierdie aktiwiteit gaan gepaard met verlede week se werk. Gaan dit dus weer deur en beantwoord die vrae.

 

Aktiwiteit 1:

Mense gebruik kaarte om rigtingaanwysings te kry. ‘n Sleutel is ‘n tabel wat op ‘n kaart voorkom wat die betekenis van ‘n simbool op ‘n kaart verduidelik.

 

Die lees van ‘n kaart van ‘n plaas, dorpie of gedeelte van ‘n dorp deur middel van die gebruik van simbole en ‘n sleutel

 

 

Kyk goed na die kaart van ‘n plaas hierbo en beantwoord die vraag wat volg:

  1. Watter simbool stel die appelboord voor?
  2. Sê watter geboue A, I, J en K gemerk is?
  3. Watter twee geboue kom langs die teerpad voor?
  4. Watter gebou kom langs die kweekhuis voor?
  5. Watter gebou kom oorkant die straat van die kweekhuis voor?

Aktiwiteit 2:

  1. Waar sal jy die skat op hierdie eiland kry? Wat is die posisie van die ruitenetverwysing vir die skat?
  2. Wat sal jy in A1 kry?
  3. Wat sal jy in C2 kry?

    Memo’s

    Aktiwiteit 1: 28 April 2020

     

    1. Klomp boompies in ‘n ry.
    2. A= Suiwelskuur

            I= Veeskuur

            J= Perdeskuur

            K= Kaashuis

    1. Veeskuur en Perdeskuur
    2. Gastehuis
    3. Bergingskuur

     

    Aktiwiteit 2: 28 April 2020

     

    1. B3
    2. Skip
    3. Bome


TOETS JOU KENNIS