Sosiale Wetenskap-Graad 4 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Mandela word 'n leier

Aardryksunde

Goeie More Gr4’s

Mandela word ‘n leier

Mandela gaan woon in Johannesburg

Mandela het baie hard studeer. Na skool het hy in die Oos-Kaap kollege en universiteit toe gegaan. Toe het hy Johannesburg toe getrek. Terwyl hy snags regte studeer het, het hy bedags by die regsfirma van meneer Sidelsky gewerk. Hy het in Alexandra township gaan woon. Hy vertel: die lewe in Alexandra was opwindend en vreesaanjaend… dit was ‘n arm en gevaarlike plek… ek het dikwels vir dae net ‘n mondjie vol gehad om te eet, en net die klere aan my lyf gehad. Meneer Sidelsky wat net so lank soos ek was het my een keer ‘n ou pak klere gegee. Ek het dieselfde pak vir elke dag vir ongeveer 5 jaar lank gedra.

Die regeringstelsel van daardie tyd in Suid-Afrika was baie onregverdig. Swart mense mag nie vir die leiers van Suid-Afrika gestem het nie. Swart mense is van blanke mense geskei.

Nelson Mandela het gesê dat al die beledigings van die blanke regering hom baie kwaad gemaak het. Hy wou baklei teen die stelsel van swart mense so onregverdig behandel het. Hy wou opstaan vir dit wat hy geglo het reg was, selfs al kon hy in groot moeilikheid by die regering kom. Hy het by die organisasie met die naam die ANC aangesluit. Die ANC wou Suid-Afrika verander. Mandela het gou ‘n leier in die ANC geword. Hy het nou saam gewerk met ander leiers soos Oliver Tambo en Walter Sisulu, wat sy lewenslange vriende geword het.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 2:

  1. Rangskik hierdie gebeure in Mandela se lewe in die regte volgorde volgens tyd:
  2. a) Word ‘n leier van die ANC
  3. b) Gaan skool en universiteit toe
  4. c) Gaan woon in Johannesburg
  5. d) Sluit by die ANC aan.
  6. Kyk na die fotos hierbo. Watter wette van die regering het Mandela kwaad gemaak?
  7. Wat het hy besluit om aan die onregverdige wette te doen?

     

     

    Memo 

    Aktiwiteit 2: 30 April 2020

    1. b, c, d, a
    2. Slegs blankes. Op baie plekke was nie blanke mense nie toegelaat nie.
    3. Hy het by die ANC aangesluit. Hy wou regverdigheid in Suid-Afrika laat geskied. Hy het baie gou ‘n leier geword by die ANC.


TOETS JOU KENNIS