Turkse oorheersing

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Europa ontdek Suider-Afrika

Goeie more outjies en vroutjies!

Ons gaan vanoggend se les basseer op wat julle op die vorige les geleer het. Een van die vastelande wat julle moes geïdentifiseer het was Europa. Europa was vir baie jare een van die vastelande wat baie gevorderd was saam met Asië. Lande soos Portugal, Spanje en op ‘n latere stadium Engeland het lande begin verken deur handel. Handel was vir alle lande baie belangrik gewees. Indië was op daai stadium die middelpunt van handel, veral in speserye. Hulle het in daardie tyd speserye gebruik om kos te preserveer.

In die 1300’s het Europa deur ‘n geskiedkundige tydperk gegaan. Meeste van die mense het in die platteland gewoon. Dorpe was klein en min/geen handel het tydens daardie tyd plaasgevind nie. Teen ongeveer 1400’s het dit begin verander. Dorpe het begin grootter word. Die groot rede daarvoor is geld (handel). As ‘n dorp baie handel dryf, ontvang dit baie geld wat die mense kan spandeer om hul dorp en huise aan te bou. Roetes is uitgewerk om by Indië uit te kom.

Die Turke het toe begin besef dat hulle die handel moes kontroleer en beheer. Indien hulle dit sou kon beheer sal dit beteken hulle sou baie geld na hulle laat kom. Hulle sou ‘n monopolie hê. Die Turke het die roete tussen Europa en Asië “gesluit.”

Dit sou beteken dat enige beweging oppad Indië toe moes deur Turkye beweeg. Indien hulle deur die land wou reis moes hulle belasting (tolgeld) betaal. Dit was ‘n baie slegte tyd vir Europese lande. Hulle produkte het duurder geword en handelaars sou eerder goedkoper produkte koop. Die twee lande wat die hardste getref sou word is Portugal en Spanje. Hulle moes ander maniere kry om handel te dryf sonder om belasting te betaal van Turke.

Hulle het toe besluit om die see as vervoermiddel te gebruik om handel te dryf. Hulle sou dan baie ander lande ontdek en meer handel kon dryf met ander lande. Veral Portugal het die Afrika vasteland ontdek en handel gedryf. Dit is ook een van die redes hoekom baie Afrika lande vandag Portugees kan praat. Selfs Mosselbaai is deur die Portugese besoek.

Spanje het die Ooste (Indië) probeer bereik deur Wes te vaar. (Na Amerikaanse vasteland). Die Portugese het die Ooste (Indië) probeer bereik deur om Afrika te vaar. Hulle was die eerste Europeërs om die Suidelike kus te bereik.


AKTIWITEITE

Die vrae wat volg moet in volsinne beantwoord word.



TOETS JOU KENNIS