Waarde van hulpbronne

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Handel

Môre outjies en vroutjies

Hulpbronne verwys na al die goedere en dienste waaroor ‘n land beskik.

(Let daarop dat hierdie gedeelte se werk handel oor feite oor die algemeen, en nie geld in hierdie tydperk van inperkings nie.)

Dit kan grondstowwe wees, soos gewasse (mielies) wat geoes word of minerale (goud) wat ontgin word. Die eerste stap in ‘n land se ontwikkeling is wanneer dit grondstowwe uitvoer. Hoewel ‘n land geld kan maak deur grondstowwe uit te voer, is dit nie genoeg om die land verder te help ontwikkel nie. ‘n Land moet aanbeweeg na die tweede stadium van ontwikkeling. Die tweede stadium van ontwikkeling is wanneer die mense in ‘n land begin om hulle grondstowwe in fabrieke te verwerk, in plaas daarvan om slegs die grondstowwe aan ander lande te verkoop. Dit beteken dat die land:

  • nie goedere wat plaaslik vervaardig word, hoef in te voer nie.
  • vervaardigde goedere kan uitvoer vir meer geld as wanneer die grondstowwe verkoop word.
  • werk skep en die ekonomie ontwikkel.

Waarde van materiale en goedere

Lande kan meer geld verdien met verwerkte goedere as met grondstowwe. Ons sê dat die verwerkte of vervaardigde goedere ‘n hoër geldwaarde het.

Hier volg ‘n paar voorbeelde in die aktiwiteit.


AKTIWITEITE

Van yster en steenkool na staal

Die hoofgrondstowwe wat gebruik word om staal te vervaardig is steenkool en ystererts. Suid-Afrika beskik oor 'n groot hoeveelheid van albei hierdie hulpbronne.

Teen die 1920's was die boerdery- en mynbedryf in Suid-Afrika reeds goed gevestig. Suid-Afrika moes egter al die masjinerie en toerusting wat nodig was vir die myne, asook die spoorlyne en treine om die nuwe myne en dorpe te verbind, invoer. Dit was een van die hoofredes waarom Suid-Afrika begin het met sy eie yster- en staalbedryf sodat ons ons eie myntoerusting, spoorlyne en treine kon bou.

Vandag word verskillende soorte staal gebruik om produkte soos motorvoertuie, vragmotors, busse, trekkers, masjinerie en boumateriaal te vervaardig. Daar is baie mense wat in die staalbedryf werk. Staalprodukte is een van Suid-Afrika se waardevolste uitvoergoedere. Hiermee verdien Suid-Afrika baie meer valuta as wanneer slegs die grondstowwe uitgevoer sou word.

 

 

  

Van druiwe tot wyn

Druiwe is die grondstof vir wyn. Wyn is 'n vervaardigde wat in 'n wynkelder gemaak word.

Suid-Afrika het nog altyd baie druiwe geplant en vars druiwe uitgevoer. Wyn is egter nou Suid-Afrika se tiende waardevolste uitvoerproduk en is van groot waarde vir die land. Daar is verskeie redes hiervoor:

  • Druiwe kneus maklik wanneer dit vervoer.
  • Wyn in bottels of kartonne word maklik vervaardig.
  • Druiwe raak gou sleg, maar wyn hou vir 'n lang tyd.
  • Mense in baie lande koop graag Suid-Afrikaanse wyne.
  • Mense in baie lande koop graag Suid-Afrikaanse wyne - die mark vir ons wyn is besig om uit te brei.
  • Die wynmaakbedryf skep baie werk in Suid-Afrika.

Van katoen tot klerasie

Katoen is 'n plant. Nadat die ryp katoensade gepluk is kan dit as 'n grondstof uitgevoer word.

As die katoen egter verwerk word tot katoenmateriaal is dit 'n meer waardevolle hulpbron. Mense kry werk tydens die vervaardigingsproses en die materiaal word teen 'n hoër prys verkoop as die katoen in onverwerkte vorm. Die klere wat uit die katoenmateriaal vervaardig word is 'n hulpbron van veel grootter waarde. Katoenklere het goeie mark, omdat dit dwarsdeur die wêreld baie gewild is. Duisende mense werk in klerefabrieke. Almal van hulle verdien geld waarmee hulle weer goed kan koop. Dit is goed vir die ekonomie van die land.

 

Watter van die drie leesstukke se hulpbronne is die mees waardevolste? Verduidelik hoekom jy so sê.

  1. Maak ‘n lys van die mense wat geld kan maak in die kantoen tot klerasie gevallestudie.
  2. Hoe word die mense in elk van die gevallestudies bevoordeel?
  3. Hoe kan spoorlyne help om die land meer geld te laat verdien?
  4. Hoekom sal uitvoere van staal SA help?
  5. Wat is die grondstof van wyn?
  6. Verduidelik die stelling: ”Wyn is egter nou Suid-Afrika se waardevolste uitvoerproduk.”
  7. Hoe word werk geskep deur die uitvoer van wyn?
  8. Wat is die grondstof van klere?
  9. Verduidelik die stelling : ”Katoenklere het goeie mark.”
  10. Hoekom is dit belangrik dat werkers salarisse moet verdien? Hoe help dit ander besighede?


TOETS JOU KENNIS