Wiskunde Gr.6 Les 5: 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

TYD

Goeiedag leerders 🙂 

Vandag is dit ons laaste les oor TYD vir die week. Die werk wat ons vandag gaan behandel is heeltemal nuut en baie interessant. Konsentreer en luister mooi, want die videos is in Engels. Gebruik asseblief die webskakels in die pdf-dokument.

Lekker werk!

DOELWIT VAN LES 5: Verstaan tydsones (internasionale tyd) en bepaal die tyd in verskillende lande

HULPBRONNE: Skryfpapier; Skryfbehoeftes; Handboek (Alamal Verstaan Wiskunde); Internet


AKTIWITEITE

Klik op die volgende aangehegde dokument vir lesaktiwiteite en -antwoorde:

Wiskunde Gr.6 Les5 1 Mei 2020



TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 6 - Wiskunde - 2020-05-01

1 / 5

Kies slegs een korrekte antwoord.
Watter stad is in dieselfde tydsone as Kaapstad?

2 / 5

Kies slegs een korrekte antwoord.
Die tyd in Taipei is 4 ure voor Dubai. Hoe laat is dit in Dubai indien dit 1.00 nm in Taipei is?

3 / 5

Kies slegs een korrekte antwoord.
Met hoeveel uur verskil die tyd indien dit Donderdag 14:00 in New York is en Donderdag 20:00 in Lusaka is?

4 / 5

Kies slegs een korrekte antwoord.
Die tyd in Bangkok is 5 ure agter Wellington. Hoe laat is dit in Wellington indien dit 10.00 vm in Bangkok is?

5 / 5

Kies slegs een korrekte antwoord.
Met hoeveel uur verskil die tyd indien dit Maandag 7.00 nm in Londen is en Dinsdag 04:00 in Sydney is?

Your score is

The average score is 51%

0%