Wiskunde Graad 3: 11 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

Herhaalde optel en aftrek van 4e.

Môre, Dolfyne.

Die video waarna jy sopas gekyk het was hersiening van woordeskat wat jou juffrou gereeld in die klas gebruik. Jy gaan ook in jou Rooiboek hersiening doen van telling in 3e en 4e.

Hierdie week werk ons met aantel- en terugtel in veelvoude van 4, asook x4 en ÷4. Dit is in jou groen Leerboek en jy het jou spreikaarte om dit te oefen.

Onthou: 4×9 en 9×4 se antwoorde is dieselfde. Indien jy nie 4 keer in 9s kan tel nie, ruil jy die getalle om en tel 9 keer in 4e. (4×9=36  9×4=36)


AKTIWITEITE

Vandag se werkkaart werk net soos verlede week s’n toe ons die driewiele se wiele getel het. Vandag gaan jy ‘n koei se bene tel. Hoeveel bene het ‘n koei?

Wanneer jy maal/keer/x4 moet jy +4+4+4¬ (Eers plus en dan maal.)

Wanneer jy deel/÷4 moet jy -4-4-4¬ (Eers minus en dan deel.)

Daar is voorbeelde op die werkkaart gedoen.

Lekker werk en doen jou bes!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 11 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS