Wiskunde Graad 3: 12 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

Aftrek: Met oordrag van tiene.

Môre, Dolfyne.

Ek glo jy is fluks aan die oefen aan jou x4 en ÷4 tafels. Hier is die wenk om te onthou hoe telling in 4e se patroon volg.

Kyk mooi na die TIENE en ENE.

0      10 2      20 0     30 2     40 0    ¬
4 6 4 6 4
8 8 8

Wanneer jy minus, gebeur dit soms dat jy nie die ene kan minus nie. Bv. 3-5=∆      1-5=∆      4-8=∆     5-6=∆ Dis dan wanneer die ene by die tiene, een groepie van tien gaan haal. Wanneer jy tien gaan haal, moet jy onthou om die “ou tiene” dood te trek met ‘n netjiese lyntjie en die “nuwe tiene” langsaan te skryf.

Waarheen gaan die groepie van tien? Ja, dit gaan na die ene toe.

NOU kan jy minus. 13-5=8     11-5=6    14-8=6    15-6=9


AKTIWITEITE

Kom ons oefen 2 somme. Juffrou wys vir jou presies hoe jy dit op die werkkaart gaan voltooi.

453-127=∆

400-100=300

50-20=30¬ 20       (Trek die 30 dood met 'n strepie.)             

13-7=6

300+20+6=326

436-218=∆

400-200=200

30-10=20¬ 10     (Trek die 20 dood met 'n strepie.)                  

16-8=8

200+10+8=218

Mooi dink, hoor!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 12 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS