Wiskunde Graad 3: 13 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Groepering

Goeie môre, Graad 3 ‘s.

Ai, ons juffrouens mis julle gesiggies! 

Vandag gaan jy leer hoe om prentjies in groepe te sorteer. Jy kan dit oefen met knopies, krale, blare, klippies of selfs lekkertjies. Groepeer is dieselfde as uitdeel/deel.

Soms kan jy voorwerpe presies in groepies pak sodat elke groepie ewe veel het.

Soms bly daar een oor.

Die video het ook mooi vir jou gewys hoe om dit te doen.

Wanneer ons deel (÷) pak ons ook voorwerpe of getalle in groepe.

Elke groep moet ewe veel hê. Indien daar een oorbly, noem ons dit res 1 òf 1 bly oor.


AKTIWITEITE

  1. Groepeer 24 sterretjies in groepe van 8.

     *  *  *  *  *  *  *  *   groep 1

    *  *  *  *  *  *  *  *   groep 2

    *  *  *  *  *  *  *  *   groep 3

Hoeveel groepe is daar? Daar is 3 groepe.

  1. Deel met ‘n res.

21÷4=∆  

(20+1) ÷4=∆  

20÷4=5 ¬(4, 8, 12, 16, 20) en dan bly 1 oor.

My antwoord is dus:

= 5 res 1

Dalk wil jy die som eerder teken¬4 maats, want dis ÷4.

 

* * * * *

* * * * *

* * * * *

* * * * *

                5                             5                               5                               5

* ¬    1 bly oor.

My antwoord is dus:   = 5 res 1                       Lekker werk xx


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 13 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS